Gasafgrond bedreig 56 000 poste
Netwerk 24, 20 Maart 2025
hoe lank nog
gaan hulle jou hart oop boor
na organismes soek
in jou bodem gestoor?
hoe lank nog
gaan hulle jou bors oopkap
elke druppel energie
uit jou tap
hoe lank nog
voor jou put opdroog
mense honger ly
en in die strate betoog
ken jy die waarde
van jou warm water?
dan wonder jy nog
hoe oud is die aarde
© Elisma van zyl 2025