Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 May 2025

Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges

I

Sheila Cussons se vertaling van Jorge Luis Borges, die meesterverteller, word gepubliseer as Die vorm van die swaard en ander verhale in 1981. Borges, die blinde skrywer, is veral bekend vir sy ficciones, maar hy is ook ‘n gerekende digter. En wat my betref een van die allergrootste storievertellers nog. En wanneer ‘n briljante digter wat Spaans werklik magtig was optree as vertaler, word die leser bewus van die poëtika van vertaling.

Naatloos, perfek. Die leser voel nie dis ‘n vertaling nie en onbekende woorde of gebruike word in endnote vir die leser gegee. Sheila Cussons bedank in haar nawoord tereg die uitgewer, wyle Danie van Niekerk vir waardevolle wenke.

 

II

Indertyd is daar uitgebreid geskryf oor Suid-Amerikaanse skrywers vir die Vrye Weekblad.

‘n Uitgebreide biografie oor Borges se lewe en werk is geskryf deur Edwin Williamson wat in 2004 verskyn het.

Jorge Francisco Isidoro Luis Borges Acevedo (1899 – 1986) was ‘n kortverhaalskrywer, digter, essayis, vertaler en polemis.

In hierdie studie van oor die 500 bladsye, lees ‘n mens oor hoe ‘n liefdesteleurstelling met ene Norah Lange wat hom kreatief aangevuur het. Sy het soos Dante se Beatrice die verskillende vlakke van ellende én ekstase verpersoonlik.

Op ouderdom 55 het hy blind geword. As negejarige kind het hy die Happy Prince in Spaans vertaal en selfs opgemerk dat sy vader se biblioteek die grootste inspirasie van sy lewe was. Niemand wou glo die jong kind het dit vertaal nie en gedink dis sy vader se werk.

Weens die politieke onrus in Argentinië, vertrek die gesin na Switserland waar die jonge Jorge Frans leer. In 1921 keer hy terug na Buenos Aires waar hy eers bekendheid verwerf as digter. Hy was kortstondig getroud. Sy moeder het hom deurgaans in sy blindheid versorg en as sy sekretaresse opgetree. Hy was verpletter deur haar dood.

Hy was ‘n besondere kreatiewe persoon as digter, prosaskrywer en met onthoubare rubrieke wat steeds gelees word.

In hierdie biografie word ‘n mens bewus van ‘n skrywer met ‘n besondere skerp tong. Hy het onder andere beweer dat Lorca se tragiese dood gelei het tot ‘n oorskatting van sy werk as skrywer. Hy het Pablo Neruda geag as skrywer, maar hom ‘n onaangename mens gevind. Borges se sieninge oor die politiek in Chili het hom waarskynlik die Nobelprys gekos.

Tydens ‘n polemiek het hy opgemerk dit herinner hom aan twee kaalkopmans wat baklei oor ‘n kam.

In Desember 2014/ Januarie 2015 het ek Argentinië besoek en iets probeer verstaan van Borges se leefruimte. Die skrywer van die labirint en een wat nagedink het oor die wysheid of die skrywer die boek skryf; of word die skrywer deur die boek geskryf? Sy Ficciones (Fictions) uit 1941, ondersoek hierdie spel tussen inspirasie (droom) teenoor werklikheid.

http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=borges  Besoek 1 Mei 2025

 

III

Hier is ‘n gedig van Borges wat wys op die labirint van sy tekste en die invloed van die Duisend-en-een-nag.

Die Someone is die Goddelike dimensie en die gedig aktiveer die mitologie en geskiedenis.

Karthago:

https://en.wikipedia.org/wiki/Carthage  Besoek 1 Mei 2025

Carthago delenda est word dus opgeroep: Cato, ‘n politikus in die Romeinse Republiek, se versoek dat hierdie stad vernietig moet word tydens die derde Puniese oorlog, 149–146 VC.

Maar tekste behou selfs dit wat deur oorloë en rampe vernietig is. Daardie stad is vandag in Tunis.

https://joanhambidge.blogspot.com/2019/06/reisjoernaal-tunisie-ii-nabeul-2019.html Besoek 1 Mei 2025

Die Bardo-museum:

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=tunis  Besoek 4 Mei 2025

 

Limits

Of all the streets that blur in to the sunset,
there must be one (which, I am not sure)
that I by now have walked for the last time
without guessing it, the pawn of that Someone

who fixes in advance omnipotent laws,
sets up a secret and unwavering scale
for all the shadows, dreams, and forms
woven into the texture of this life.

If there is a limit to all things and a measure
and a last time and nothing more and forgetfulness,
who will tell us to whom in this house
we without knowing it have said farewell?

Through the dawning window night withdraws
and among the stacked books which throw
irregular shadows on the dim table
there must be one which I will never read.

There is in the South more than one worn gate,
with its cement urns and planted cactus,
which is already forbidden to my entry,
inaccessible, as in a lithograph.

There is a door you have closed forever
and some mirror is expecting you in vain;
to you the crossroads seem wide open,
yet watching you, four-faced, is a Janus.

There is among all your memories one
which has now been lost beyond recall.
You will not be seen going down to that fountain
neither by white sun nor by yellow moon.

You will never recapture what the Persian
said in his language woven with birds and roses,
when, in the sunset, before the light disperses,
you wish to give words to unforgettable things.

And the steadily flowing Rhone and the lake,
all that vast yesterday over which today I bend?
They will be as lost as Carthage,
scourged by the Romans with fire and salt.

At dawn I seem to hear the turbulent
murmur of crowds milling and fading away
they are all I have been loved by, forgotten by;
space, time, and Borges now are leaving me.

Translated by A.Z. Foreman.

 

Hierdie gedig verskaf die belangrikste kodes in sy werk waarop Cussons eweneens fokus in haar nawoord.

Die labirint, die swaard, die spieël en kabbalistiese simbole. Sy wys daarop dat hy soms ‘n geamuseerde repliek lewer op Borges wanneer jy hom ernstig wil opneem.

Tyd en ruimte en ewigheid is belangrike begrippe (60).

 

Café Tortoni, Borges se tafel en besoek op reis deur sy land in 2015

https://joanhambidge.blogspot.com/search?q=borges  Besoek 1 Mei 2025

 

IV

Die bundel vertalings begin met “Die ander” oftewel “El Otro”. Dit het verskyn in die The Book of Sand (1975). ‘n Gesprek tussen ‘n ouer en jonger Borges: Cambridge, Mass. geplaas teenoor Gèneve waar hy sy jeugjare deurgebring het.

Verskillende standpunte oor geld en die rol van fiksie kom hier na vore. Veral Dostojefski is ‘n belangrike kode: The Double: A Petersburg Poem.

‘n Werklike ervaring vir die ouer man, maar ‘n droom vir die jonger een.

Dit speel af in Februarie 1969 noord van Boston in Cambridge, Mass.

Die ouer Borges, in die werklike lewe, het die gesogte Norton-lesings aan Harvard gegee.

https://library.harvard.edu/sites/default/files/static/poetry/listeningbooth/poets/borges.html

1 Mei 2025

Ook buite sy eie land was hy geweldig bewonder as skrywer deur sowel akademici as gewone lesers.

In hierdie verhaal kom sy blindheid ter sprake en sy siening van die bonatuurlike:

“As die bonatuurlike twee maal gebeur, is dit nie meer vreesaanjaend nie,” sê ek.

Hy gee vir jong man Amerikaanse banknote wat verskil in waarde, maar dieselfde grootte het.

Een het die datum 1964 daarop. Die onmoontlike datum op die dollarnoot uiteraard is hier belangrik.

Die silwermunt wat die jongeling aanbied word in die rivier gegooi. Die ouer man merk op dat die silwermuntstuk wat in die silwerige rivier verdwyn, kon ‘n skerp beeld aan die verhaal gegee het.

Maar die geluk wou dit anders hê.

Die déjà vu-gevoel, verduidelik die verteller, het dalk te make met moegheid.

Hier is die verhaal in Engels.

https://xpressenglish.com/wp-content/uploads/Stories/The-Other.pdf Besoek 1 Mei 2025

 

V

Kortverhale werk met dieselfde tegnieke as die digkuns. Hennie Aucamp was eweneens ‘n gerekende digter en die kort-kortverhaal werk met die vuurslag van die digkuns.

 

Bronne:

Borges, Jorge Luis. 1981. Die vorm van die swaard en ander verhale. Kaapstad: Tafelberg.

(Vertaal deur Sheila Cussons).

Williamson, Edwin. 2004. Borges – A life. Londen: Viking.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Die Postmodernisme en durende gesprekke
Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Philip de Vos
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Die dood as solesisme
  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d