winter
die winter word volwasse in vergeelde siringboomblare
in kappertjies wat rooi verblom en die bewolkte lug wat
sorg vir reën wat saggies neersif om die bolandse
wingerde te verkwik en die koue lug wat alles omskulp
om so alles in een groot geheel te omsirkel
so gly die natuur deur die gange van die eeue en
en ons wat as molekules bestaan staan verslae
oor die kousaliteit van ons korstondige kosmiese bestaan
© Hennie Maartens, 2025
