mallemeule
terwyl die cesna kreun en steun
beur die hoenders voort
om die spinasie by te kom
maar by florisbad is die neantalerman
se voetspore onsigbaar agtergelaat
die turksvye staan welig by soutpan en
die winterson verorber die slotmansjien
se syfers by die casino
terwyl die sirkus se mallemeule bloemfontein besoek
© Hennie Maartens, 2025