Nuwe dag
Soggens kyk ek hoe die son opkom
Die mirt se takke voor my ruit
nou sonder blare,
net ‘n kaal winterboom.
Maar in die lente
sal die houtarms weer uitspruit
en stilweg nuwe lewe loot.
Soggens wag ek dat die son opkom –
‘n ek-seisoen wat voor my venster blom.
© Albi Prinsloo, 2025
