Weersiens
(vir Alyssa)
Gisteraand
was die geitjie
skielik weer daar
buite die badkamer
se stoombedrupte
helderverligte
troebelruit
kobaltare polsend
deur die delikate
wasagtige huid
suiertone
swaartekragteloos
bevryd
totdat jy
– onnadenkend –
vol kinderonskuld
dit met ‘n boe!
die duisternis in
verdryf.
© Albi Prinsloo, 2024
