vloog
The Sycamore Gap tree
die nag 27-28 September 2023
terugmars van die primate
na ’n Land Rover in ’n storm
aan banale geraas en petroldamp
kom daar weldra ’n einde
handbesit
van verligte skermpie
tot verligte skermpie
’n nabetragting swart spikkels
deur bot laerskoolseuns ingestip
die Hadrianusmuur
is nie ’n muur nie
die boom
om haar naam gepols
daarna om haar vrugte geskud
uitwas en opwerp
van tinktinkie en arend
dit dan is sterwees:
klou gelig ingetrek
die teken ontset
uit die stam gewit
met hierdie wig
die wedersplitsing van die atoom
nogtans HEER nie my wil nie
maar díe van die kind
© Jacobus Swart, 2025
