Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 May 202514 May 2025

Jacobus Swart. Franz Kafka

 

Franz Kafka

voor die Praagse
Indiese ink stokman
met ’n hart vol liefde

geleefde ironie
agter ’n lessenaar
regsgeleerde in diens van
die Arbeiter-Unfall-Versicherungs-Anstalt
für das Königreich Böhmen in Prag
in ’n laai die aandelesertifikaat in swaer
se asbesmyn

elke sintuig diensbaar
ingebreek tot handgereedskap
want taal is linosnee
jy verag geraas
dimensies in verkeerde hande

geneig om die roman
onvoltooid te laat

’n slot gee finale beslag
aan die begin

nie die kunswerk nie
maar die romansier
gefuik

op Praag se stasie
groet jy Felice Bauer
onverloofd op’n trein
terug na Berlyn
jy betaal met ’n long

peripatetikus
aankoms en vertrek
naamlangs onderneembaar
danksy Max Brod wat nooit
tot die suiwerheid van vuur
bekeer nie

oplaas met verteerde strot
kou kan jy nog
sluk
nie meer nie

na Hoffmann se sanatorium
net noord van Wene
Robert Klopstock en Dora Diamant
om jou bed

die honger
tussen drie verdeel

©
Jacobus Swart, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Jacobus Swart. Trinity College Cambridge (M)
Jacobus Swart. vloog →

3e gedagtes oor “Jacobus Swart. Franz Kafka”

  1. Heleen Louw says:
    4 June 2025 at 15:03

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van ‘n lewe’ te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou woordkeuse bly altyd by my, veral die gevoel wat daarmee saam kom.
    Dankie. Jou gedigte inspireer my altyd opslag om te wil skryf en miskien eendag te dig.

    Reply
  2. Jacobus Swart says:
    15 May 2025 at 03:06

    Beste mnr. Scharn
    Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

    Reply
  3. Gerard Scharn says:
    14 May 2025 at 13:47

    Beste Jacobus Swart,

    het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d