Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 October 2025

Dietloff van der Berg. Vlug

 

Vlug

Julle moes voor Ghenghis Khan se Mongoolse horde uit

Afghanistan voor massaslagtings in brandende stede

deur skroeiende woestyne na Nisjapoer en Bagdad

met jul aardse besittings na Kufa in Arabië vlug

waarvandaan jul eindelik Mekka teen die lug

in volle glorie gesilhoeëtteer uit sien staan

om daar dank te bring ook aan jou verlossing

van aardse magte wat die vlees bedreig

waaroor jy soos ’n arend uit moes styg

om op die roepstem van die valkenier te reageer

wat in jou begin ontbrand het.

As bannelinge moes jul deur soveel lande bly migreer

om te oorleef, voor in die Seljoek Sultanaat uiteindelik

in Konya jul in ’n alledaagse bestaan opnuut

in kon burger waar jy gedryf is om te streef na meer

as die verwoestende egostad wat vernietig moes word

om op te gaan in die omvattende liefde van God.

Studerend het jy die slagveld van teks en betekenis betree

waar politieke en godsdienstige leiers gou die doodstraf,

in die chaos van jou tyd, vir afwykendes kon gee

met Shams wat geheimsinnig net verdwyn het

na hy jou gewys het wat sin gee, is om die boeke

met sektariese en leerstellige twiste te verbrand

en vurig suiwer saam te smelt met God se gees

wat jou al spiralend

 vlugvoetig op soek

  na kosmiese orde

 vir ons nog steeds

  ’n spieëlbeeld van

 mistieke deurgang

   na ware liefde

    kan laat wees.

 

© Dietloff van der Berg, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Dietloff van der Berg. Ongekaart.

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d