Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 January 2026

Marthé McLoud. Een aand op straat

 

Een aand op straat

 

Jare terug, pasgetroud, nog ywerig,

het ons saans, wanneer die son sak,

straatwerk in Sunnyside gedoen.

 

Ons praat met hom:

sonder om te stry

die kant toe en daai kant toe

al in die rondte

tot hy vasstaan

in ‘n hoek, na ‘n troefkaart soek —

sy ma het hom met geboorte

aan die Bose beloof.

 

Daar is geen hoop, want

hy het homself ook een nag

op ‘n trein aan daardie demoon

met die vurk verkoop —

maar hy like ons, ons moet

kom kyk waar hy woon.

 

Ons volg hom na ’n verslete hotel in Arcadia —

sy kamer donker soos hy

ruik na as en ou sweet.

Maar hy like ons sê hy

kom, kom met ’n bewende hand

hy nooi ons vir ‘n dop

in die hotel se kroeg —

hy sal betaal.

 

Ons bestel Coke. Ons drink nie sê ons —

hoe vroom lui dit dan nou —

hy bestel sy dop, die drank gou na sy kop

die kroegman beloer ons soos ’n voëlkyker —

hierdie twee rare voëls op kroegstoeltjies;

ons kom nie in sy boeke voor nie.

 

Ons bied aan om die rekening te betaal,

maar hy skud sy kop

hy like ons,

like ons rêrig, sê hy;

hy gaan betaal.

 

Hy knoop sy sakdoek oop

tel die bruin sente af:

tik…tik…tik…

op een sent na —

net genoeg.

 

© Marthé McLoud, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Eksamenlokaal
Marthé McLoud. Noah →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza
  • Joan Hambidge. Landskappe en argiewe
  • Miel Vanstreels. Na soveel jare
  • Hennie Nortjé. Raka in my tuin

Nuutste kommentaar

  1. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  2. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  3. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  4. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  5. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d