Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 January 2026

Fanie Olivier. kloot

 

kloot

      (vir ina rousseau)

 

hoe verskriklik is jy nie, mooi kloot

met verruklike grond, leem, soepel klei

dolomiet wat splinter onder die son,

graniet wat swig voor ‘n wortel, groot

berge wat wegskilfer in ‘n vlei,

‘n moeras wat oornag onkenbaar versteen?

 

hoe bring jy lewe voort uit ‘n kokon,

uit ‘n eiersel, uit ‘n plakkie wat vassuig

aan ‘n lekseltjie sand! vol kleur verf

jy die seisoene, vol klank elke boom!

 

knip jy ‘n oog, word ons en die feniciërs vervreem;

handomkeer vee jy die egiptenare van die werf;

ffooe blaas jy die grieke weg, die romeinse ryk

verdwyn soos ‘n nagedagte in jou droom.

 

wie’s ons wat met jou soos ‘n silwer bal

wil speel vanuit ‘n wankelrige ruimtetuig?

wat verbeel ons ons as ons eenstryk

aan jou binnegoed bly torring, rook uitgooi

in jou wolke, oerwoude laat val

voor ‘n lappie teer, ‘n bietjie bleek beton?

 

want vat jy, knak ‘n wolkekrabber só

soos ‘n koelteboom voor ‘n wurm, neem

‘n grassie die plaveisel oor, swig

ons gewaande selfgenoegsaamheid voor vigs.

 

‘n sweepslag hael laat blyk,

kosmosse vertel wat jy alles saai:

 

hoe verskriklik is jy nie, hoe mooi

is jy nie, stuk planeet wat draai draai

draai in miljoene jare lig;

hoe nutteloos en onbenullig ons: glo

die kroon van die skepping: strooi.

 

© Fanie Olivier, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl
Resensie: “Twee Overzijden” (Yves T’Sjoen) →

3e gedagtes oor “Fanie Olivier. kloot”

  1. Bernard Odendaal says:
    31 January 2026 at 16:55

    Ja, ‘n rake, treffende gedig, Fanie.

    Reply
  2. Daniel Hugo says:
    27 January 2026 at 12:47

    ‘n Meesleurende vers, Fanie! Ina Rousseau sou op 3 Februarie vanjaar 100 wees.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    27 January 2026 at 11:23

    Aangrypende gedig, Stefaans. Ons hoop daar is ‘n bundel op pad.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll. Die poëtika van towerspreuke
  • Andries Fourie & Carma Shaw. Heroïse Sonnettekrans – Openbaring
  • Daniel Hugo. Kuns-matig
  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza

Nuutste kommentaar

  1. Linda on Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza4 November 2026

    Goed bewoord en mooi vloeiende gedig

  2. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  3. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  4. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  5. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d