Koue stilte
Hulle kou die stilte. Man en vrou aan tafel
gewikkel in ‘n klewerige mastikering. ‘n Geklik
van tonge. Verbete valbyltande, soos naderende
onheilshoewe. Eetgerei ‘n dans van staal
teen Delft. Dit blyk albei hou die hef in een
hand, die ander hand vurk skuld weg –
Hy aarsel. Instinktief stuur sy sout aan. Te laat
besef sy haar fout: As jy die wapenstilstand ver-
breek, het jy die oorlog verloor.
© Marieta McGrath, 2026

Uitstekend! (Soos stilstuipe op steroids !)
Dankie, Stefanus.