afskeid en vertrek
tatta
tjeers
koebaai
my lief
in Deanlaan nommer 5
wat in Nuweland sou kon wees
moes ek ploeterpraat
die aand na ons troue
terug van Saldanha
se Meerenskyn-onthaal
dié frases uit grief
moes uiter as nee
maar dit tóé drieuur die oggend
alleen
van Rhodes Memorial se hoogtes
geskree
dit sou sewe jaar wees
voor ek reageer
dit skryf sodat jy kon lees
en wegstap van jou woorde daai
nag: ek’t eergistermiddag
vir Terry oorkant by Albion Mill
moes naai
as ‘n afskeid van my vryheid
die oorgee aan gebonde wees
© Krige Visser, 2026
