Die kleur van stilte
oggendstilte is donkerblou
wakkerword droewigheid
gister se pyn ʼn swaar onthou
moeisame middae se uithou-leef
word in kille kleurloosheid
deur uur vir uur se stilte verweef
in die laaste aardse lig gloei stilte oranje-rooi
om ysige verlatenheid in die genade-uur te ontdooi
© Andrea Sieberhagen, 2026
