Foto in die mis
Sepia foto van mis oor see en strand,
wat kleuter dof omwalm,
met dryfhoutstok in hand,
die kind glimlag op dié kierie gesteun,
glimlag stralend en oop,
dis hy, die tweede een,
wat so ouderwets poseer
vir die kamera van moeder C,
maar tyd het die waar en wanneer
van die gebeurtenis uitgevee.
© Ferdi Wheeler, 2026
