In sprokies word wense waar
‘Wish upon a falling star”
eendag lank lank gelede
het ʼn kind woorde die nag in gefluister
en die heelal het geluister
nog vóór ʼn ster kon verskiet
het die maan reeds gebied
dat die aardplaneet
groter guns afmeet
sodat daardie kind van ʼn mens
kon wakker word met ʼn vervulde wens
© Andrea Sieberhagen, 2026
