Twee maande gelede het ek ’n pleidooi vir die oprig van ’n aanlyn nagraadse studiegroep vir Afrikaans en Nederlands gelewer. Ek is opgewonde om aan te kondig dat die Samespraakwebblad op 1 September geloods is. Remona Voges het die ontwerp van die webblad behartig. Die oogmerk van Samespraak is die kweek van belangstelling in die…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Nini Bennett. Allerliefste, ek stuur vir jou…
I wish I’d said…SO1E09 Dit is die nostalgie van stofstrate, donkiekarretjies en rieldanse. Die Noord-Kaap; die leefwêreld van Lynthia Julius. “Ek is 25 jaar oud en ’n digter,” sê sy pront. Met die eerste ontmoeting danksy AVBOB se gewilde poësieprogram besef ek dadelik: hiér is ’n baie sensitiewe digter. Mens wil haar vasdruk,…
Nini Bennett. ’n Vriend, ’n broer
A brother may not be a friend, but a friend will always be a brother. – Thomas Jefferson Ek besoek sy laaste plasings. Dit is die Facebook-blad van die skrywer, Jaco Botha, wat in 2016 oorlede is. Ek bevind my in die digitale nalewe. Ek kyk na die flikkerende pikselbeelde, tot lewe…
De Waal Venter. Agter die kap van Tranströmer se byl
Tomas Tranströmer, die Sweedse Nobelpryswenner vir Letterkunde in 2011, se siening en vertolking van die wêreld en werklikheid om hom transendeer die beperkinge van ’n bepaalde land, kultuur en taal. Dit bied ’n universele kyk op die lewe wat in die meeste van sy gedigte spruit uit die waarneming van ’n alledaagse verskynsel:…
Nini Bennett. ’n Digterlike reis
1. Op 6 Junie vanjaar het die meertalige AVBOB Poësiereeks, I wish I’d said, afgeskop. 13 digters, 11 tale, 30 dorpe en stede en 11 000 km dwarsoor Suid-Afrika – die reeks vertoon op SABC 2 elke Saterdagmiddag tussen 14:00 – 14:30, en bestaan uit 13 episodes. Die digters bied elk ’n…
Alwyn Roux. Studiegroep Afrikaans en Nederlands (aanlyn forum)
Geleenthede en uitdagings Nerina Bosman en Wannie Carstens (2020) skryf in Tussen geleentheid en uitdaging. Die Nederlandistiek in Suid-Afrika wat in De Lage Landen in Februarie verskyn het dat “daar steeds ʼn gesonde belangstelling in die bestudering van Nederlands as akademiese terrein” in Suid-Afrika bestaan; dit blyk veral uit “nagraadse skripsies, verhandelinge, en proefskrifte van studente”,…
Nini Bennett. ’n Getekende kopie, asseblief
“Ek gaan jou boek bestel, maar dan moet jy dit vir my teken.” “Sal jy vir my iets voor in die boek skryf en dit teken?” “Ek soek ’n getekende kopie, asseblief.” Dít is die versoeke wat ’n skrywer, wat pas ’n boek vrygestel het, aanhoor. Maar wat is die redes – of die…
Nini Bennett. Ligdraers
Of dit gloeiwurms in grotte is … of vonkende plankton wat soos ’n sterrehemel onder die seewaters skyn; of die silwer borduurwerk om ’n vis se romp; of die nederige vuurvlieg met ’n flitsie in sy stert: bioluminesente lewe is verstommend, oeroud, en beskik oor gesofistikeerde sein- en kommunikasiestelsels. Skrikwekkend futuristies. Die lampie…