Ek word bekoor deur plekke wat leegstaan. Miskien moet ek dit anders stel: Sonder inhoud, maar tog nie regtig leeg nie. Daar is baie sulke plekke rondom ons. Plekke wat deur vure verwoes is of plekke wat in die vagevuur van afgestorwe boedels se fynskrif toegesluit staan. Terwyl die horlosie se wysers draai en die…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Wicus Luwes. As die hoed jou pas
Ek is nie geheel en al gekant teen ander mense se vlooie en luise nie. Daar is sekerlik ‘n saak te maak vir ander mense se vlooie en luise, maar ek is nie seker of ek die aangewese persoon is om daardie saak te maak nie. Ek dink dat dit eerder ‘n geval van oordrewe…
Nini Bennett. Die huls
Empatie het baie gesigte. 1. Now That We Have Tasted Hope Now that we have come out of hiding, Why would we live again in the tombs we’d made out of our souls? And the sundered bodies that we’ve reassembled With prayers and consolations, What would their torn parts be,…
Wicus Luwes. 360 Grade van Liefde
Daar is baie vlakke van liefde. Hier is drie van daardie vlakke – versteek in 360 grade foto’s. (U kan rondbeweeg in die foto om die gedig te lees – beweeg u selfoon of skuif rond met die muisknoppie.) Wandeling deur DJ Opperman Klik hier Skip deur Ilse van Staden Klik hier Blou Nyl…
Wicus Luwes. Die verplaasde pyn van Ingenieur Jacobs
Tandpyn is ‘n lelike ding! Dit is nie net die tand wat treur of kwaad is oor die pyn nie: Jou hele liggaam baklei teen die inflammasie of is in skok oor ‘n oop wond of senuweepunt. Ek het so ongeveer drie weke van die feesseison met tandpyn geworstel. My tand het eers net gepyn…
Gisela Ullyatt. Vir Mary Oliver (10 September 1935 – 17 Januarie 2019).
Junie 2007: die winterson val soos genade op die blokkiesvloer van die zendo (plek van meditasie, afkomstig uit die Zen-tradisie). Dis skuins voor middagete en ’n klein groepie vergader hier vir die laaste sessie van ’n meditasie retreat. Ons meditasie teacher gee haar laaste dharma-praatjie en sluit af met ’n gedig. Sy sê dis deur…
Nini Bennett. Frida Kahlo: uit binnekamers en briewe
Die Meksikaanse kunstenaar Frida Kahlo se werk kan beskryf word as intiem, dog konfronterend; teer, dog realisties; vurig, dog melankolies. Kahlo (6 Julie 1907–13 Julie 1954) word onthou as een van die mees merkaardige kultuurikone van die twintigste eeu. Afgesien van die 143 skilderye en ander artefakte in haar museum-huis in Meksikostad, lewer sy…
Wicus Luwes. Die verskil tussen ‘n leë en vol bord
Ek het al dikwels gewonder hoekom die Grieke bekend is vir die tradisie om borde te breek. ‘n Mens het mos nou maar die ingebore drang om die oorsprong van dinge na te vors. Ek het ‘n paar bronne op die internet geraadpleeg en het op ‘n interessante term genaamd ‘kefi’ afgekom. Daar is nie…
