As kind het ek ’n Desiderata-plakkaat begeer. Kompleet in kalligrafie, met die eerste twee woorde “go placidly” in swierige hoofletters geskilder. Nes my vriendin, Michelle teen haar kamermuur gehad het, met A-ha en Duran Duran as bure. Jare later kan ek lag hieroor – maar vir ’n vyftienjarige was dit groot kuns… of lewenswysheid….
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Nini Bennett. Doodles en drome
Dis ’n warm somersmiddag in 1963. Stanislaw Ulam sukkel om sy oë oop te hou; die wiskundekongres is vervelig. Gedagteloos begin hy om getalle neer te skryf, gevolg deur krabbels en lyne. Die wiskundige sit en doodle, maar vir die ander lyk dit of hy aandagtig sit en aantekeninge maak. Later sou dié genie uit…
De Waal Venter. Deel III Macchu Piccchu
Macchu Picchu Deel III Hoogtes van Macchu Picchu Dit is die derde, en laaste, essay in hierdie reeks oor Neruda se “Hoogtes van Macchu Picchu”. Die ander twee essays het vroeër op Versindaba verskyn en belangstellende lesers kan hulle maklik opdiep. Die drie essays bevat volledige vertalings van al twaalf canto’s van die Macchu Picchu…
Wicus Luwes. Wat is ‘n tuiste?
‘n Tuiste as plek “Ek verkies droë landskappe. Ek hou meer van oopgestrekte veld as tropiese plantegroei,” was ‘n bekende filosoof se woorde aan my. Ek probeer gewoonlik die voor- en nadele van ‘n plek teen mekaar opweeg voordat ek kies. Ek hou van kaggelvure in die Drakensberg se winter. Ek hou van die doringbome…
Marlies Taljard: Gedigte wat sterk manne laat huil (III)
“… what moves me most profoundly is the sublime sublimely articulated, a feeling that language has somehow taken me beyond the boundary of language” (Mark Haddon oor Derek Walcott se Sonnet XLIII). Die bostaande aanhaling uit die bloemlesing Poems that make grown men cry, saamgestel deur Anthony en Ben Holden, gee ‘n idee van die…
De Waal Venter. Macchu Picchu Deel II
DEEL II HOOGTES VAN MACCHU PICCHU Hier is die tweede deel van die essay oor Pablo Neruda se beroemde reeks gedigte. In hierdie deel word canto’s V tot VIII behandel. Die literator en kenner van Pablo Neruda se oeuvre, Kay Engler, meen dat Neruda met “Hoogtes van Macchu Picchu” ’n groot deel van sy siel…
Marlies Taljard: Gedigte wat sterk manne laat huil (II)
“As my father grew older, I noticed that he rarely came close to shedding tears about sad and serious things in our lives. But if ever telling a tale of something good, some gracious or loving piece of behaviour, tears would always come into his eyes. And I feel myself going that way as I…
Dewald Koen. ’n Intertekstuele (ligsinnige) Kersbrief
Met apologie . Prof dr Sonja Verbeek Thibaultstraat 3 Stellenbosch 7601 14 Desember 2017 Liefste Hetta Hoe gaan dit met jou my liewe niggie? Ons het so lanklaas lekker gesels. Dit is so duur om langafstand te telefoneer en met al my universiteitsverpligtinge kry ek skaars tyd om te skinder. Boonop het daar vanjaar soveel nuwe…
