vóór die smelting ’n ontsettende vuur die son ’n fraksie priem suiwering in vlam om dit te behóú vir my lakmoestoets in rooi/blou ’n deurslaggewende eie oordeel; toe wys dit pers: ek’s lou; die smid se indeks in die smeltkroes is sy gesig suiwer in silwer- skoon dat hy mag giet; God…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
Spieëlkamer ‘n Kamer vol spieëls wys laag op laag, legio weerkaatsings, van wat voor dit is: in kleur of in grys, swart of helderwit: onderling repeterend, een na die ander, die toekoms in, sonder om te verander oorvleuelend en tog afgesonder waaroor jý nou peins en wonder. Maar, Wyk, jy sien in…
Margaret Cordier-Biermann. Verlossing
Verlossing pastiche na Breytenbach ek die dier wat my eie hok bou ek die kampie wat myself kleiner bid tot ek pas in die hand wat my water afmeet soos ‘n vonnis die grond onder my tot meel geloop die gras ‘n mond vol stof die weiding gestroop voor die tong kon…
Wynand J Booysen. koue afgrond
koue afgrond vir NPvWL wanneer geweervuur roggelend knetter en grofgeskut dreun teen die duister beur die katafoniek soos ligflertse dans en basnote knallend die nagwaak splyt soos verskietende sterre staccato vuurstrepe in die donker skroei en skel die stilte sloop aan flarde skeur word jy gestroop ‘n dier kort voor die doodskoot…
Miel Vanstreels. Voorlopig
Voorlopig By die opruim het ek ‘onderhoud van ‘n halfeeu gelede afgekom, eintlik het daar niks verander sedert ek dit as twintiger gesê het nie: ek voel my nêrens tuis nie, ek hang oral tussenin maar voorlopig hang ek goed © Miel Vanstreels, 2026
Marthé McLoud. Repka
Repka 21 Junie 2026 Hierdie Sondag is nie ’n rusdag nie: die raapknol in jou kop groei reusagtig in die donker grond van jou skedel. Elke millimeter van jou brein reik tot teen die skedelwande. Die druk weier om te wyk. Vier wit jasse in ’n ry. “Trek uit! Trek uit!” …
Daniel Hugo. Plaagbeheer
Plaagbeheer op sewentig skrik ek nie meer vir ’n rot nie – ná ons middernag- ontmoeting in die stil kombuis versper ek elke toegangspoort tot die huis en besef dié pes gaan êrens in ’n riool krepeer terwyl ek rustig mediteer oor weerloosheid, die dood en dies meer Riebeek-Wes © Daniel…
Koos de Wet. soepel denke
soepel denke Vir: N.P. verkwikkend ontdek jou intellek groot ode raka die dieper reg die kat in Alice se reёnboogland ’n partial object sit vir my sy glimlag op jou meesterlike werke buite my rede dans in duister glans soos swartluiperdgoudgeeloё tussen die blou kewers in my benarde woud – in ballingskap apart…
