Gedigte

Gedigte (Inhoud 2)

Monday, January 24th, 2022

Gedigte deur Afrikaanse, Nederlandse & Vlaamse digters

Digters wat reeds gepubliseerde werk gelewer het by erkende en gevestigde uitgewers, kan nuwe verse aanstuur na Versindaba om op hierdie Gedigteblog gepubliseer te word. Gedigte sal gekeur word.

(Hierdie indeks is opgedateer tot by 24 Januarie 2022 – Redaksie)

__________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Inhoud

[Alfabetiese volgens digters se vanne]

A – M, M – Z

M

Jannie Malan. Suid-Afrika

Jannie Malan. Pietà  (Beeldgedig)

Jannie Malan. Dagblad blues

Jannie Malan. Ek stuur vir jou

Jannie Malan. Steurnis

Gwy Mandelinck. Twee gedigte (Concours tropical; Lotgenoten)

Danie Marais. Tjorts!

Danie Marais. Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud

Danie Marais. Dreaming of not another white Christmas

Loftus Marais. MyCiTi

Loftus Marais.die baaier  (Beeldgedig)

Loftus Marais. Shakespeare, sonnet #1

Loftus Marais. Mcebisi Jonas se das

Loftus Marais. Zuma, met glimlag, en op perd

Loftus Marais. Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond

Loftus Marais. Piet Pectoral

Loftus Marais. Agterplaas

Loftus Marais. Sterre

Johann Lodewyk Marais. A Day of Celebration

Johann Lodewyk Marais. Arabierperd

Johann Lodewyk Marais. Maan

Johann Lodewyk Marais. F.W. de Klerk

Johann Lodewyk Marais. Ongerepte aarde

Johann Lodewyk Marais. Op ver strande

Johann Lodewyk Marais. Laurie Smith

Johann Lodewyk Marais. Jacques Cousteau

Johann Lodewyk Marais. Dhow-wedvaart, Lamu

Johann Lodewyk Marais. David Livingstone

Johann Lodewyk Marais. Twee dolfyngedigte

Johann Lodewyk Marais. Kremetart

Johann Lodewyk Marais. Kameel

Johann Lodewyk Marais. Jacques Cousteau

Johann Lodewyk Marais. Hond

Johann Lodewyk Marais. Dedan Kimathi

Johann Lodewyk Marais. Malindi

Johann Lodewyk Marais. Mogadisjoe

Johann Lodewyk Marais. Hargeisa, Somaliland

Johann Lodewyk Marais. ’n Lewe

Johann Lodewyk Marais. “Dichter aan huis”

Johann Lodewyk Marais. “Die Moruti”

Johann Lodewyk Marais. Out of Africa

Johann Lodewyk Marais. Drie insekte

Johann Lodewyk Marais. Vroue van Bakavu

Johann Lodewyk Marais. Garissa

Johann Lodewyk Marais. Rooi-ivoor

Johann Lodewyk Marais. Rivierpampoen

Johann-Lodewyk Marais. Die stasiewa

Marieta McGrath. Orkney Snorkney

Marieta McGrath. Ouma se afdak

Marieta McGrath. Verkeerdevlei limeriek

Marieta McGrath. Die lewensverhaal van ‘n Frieskoei

Marieta McGrath. Sareltjie Slaplê van Klawer

Marieta McGrath. wintersonskyndag

Marieta McGrath. depressie / beheer

Marieta McGrath. Die skepping van Eva

Marieta McGrath. mens

Marieta McGrath. Ovaria

Marthe McLoud. Die katoolse Werner Von Trapp

Marthe McLoud. Die lywige juffrou De Waal

Marthe McLoud. Klakous Buys

Marthe McLoud. Oom Daantjie van Gabriëlskraal

Marthe McLoud. Gifappel Marie van Schoor

Marthé McLoud. Skoolkoshuis

Marthé McLoud. Augustus by die see

Marthé McLoud. Herbesoek aan Fort Beaufort

Neo Mehlomakulu. Die graf

Bester Meyer. van Pestilensies

Bester Meyer. Bela-en-die-rus

Bester Meyer. Rewolusie, Lalie?

Bester Meyer. Soos ‘n veer in die wind

Bester Meyer. Ons huisie

Bester Meyer. Die woordpondokkie

Bester Meyer. Oppad see toe

Bester Meyer. Klappers en draakeiers

Bester Meyer. Die sinkdakhuisie

Bester Meyer. en ruimtes word geopen met behulp van wind

Bester Meyer. Laat ek dan stilgemaak word deur jou stilte

Bester Meyer. En sonder om terug te kyk …

Bester Meyer. Piekniek by El-myn (néé El Alamein)

Bester Meyer. mooi my beminde

Bester Meyer. Kaapse vlakte huil

Bester Meyer. Maaiers

Bester Meyer. In skubbe

Bester Meyer. Vir Jetta

Bester Meyer. Gebruiksaanwysings vir lees: Smits-gedig

Bester Meyer. Man-se-pen

Hennie Meyer. sestig met gesigte in gestig

Hennie Meyer. Escher

Selwyn Milborrow. Drie briewe uit die tronk

Selwyn Milborrow. die vrede kom later

Selwyn Milborrow. gedig vir ma

Selwyn Milborrow. gedicht voor veerle, els, en anne-sophie

Selwyn Milborrow. vir breyten

Lucie Möller. Twee gedigte

Lucie Möller. Twee gedigte

Lucie Möller. Met hande soos van hout & potskerwe (2 gedigte)

Melt Myburgh. Lucian Freud voor sy esel

Johan Myburg. Goya se gelyknamige ets

 

N

Charl-Pierre Naudé. Skandinawiese speurverhaal

Charl-Pierre Naudé. Voltrekking

Charl-Pierre Naudé. Glas

Charl-Pierre Naudé. Halleluja-blues vir Mzansi

Charl-Pierre Naudé. Kyk links of regs

Charl-Pierre Naudé. ʼn Kruip-insek besin oor perspektief

Charl-Pierre Naudé. Kontrapunt-taal

Charl-Pierre Naudé. Einde van die dag

Charl-Pierre Naudé. Gode

Charl-Pierre Naudé. Kontinu / diskontinu // Dauer / Unterbrechung

Charl-Pierre Naudé. Tydens onluste / Zur Zeit der Aufstände

Charl-Pierre Naudé. Al die lieflike dade

Eduan Naudè. Nar(s) poëtica

Eduan Naudè. Vir amper twee jaar lank sit ou San

ronel nel. palm psalms

ronel nel. Twee palm psalms

Pablo Neruda. Vertalings in Afrikaans

Max Niematz. Drie gedigte (Zure appels; Mimosa; Land)

Fransi Nieuwoudt. ‘n rooi roman

Fransi Niewoudt. Isomorfiese trompe- l’oeil

Fransi Nieuwoudt. leweroep

Hennie Nortjé. Pierneef-stasiepaneel  (Beeldgedig)

Hennie Nortje. Langebaanweg (Plekgedig)

Hennie Nortjé. Twee gedigte

Hennie Nortjé. Voorbeeld

Hennie Nortjé. Kraaie

Hennie Nortjé. L’ Agulhas: Vrydag, 13 November 2015

Hennie Nortjé. Sy

Hennie Nortjé. Gozo

Hennie Nortjé. Voor die kerk van Msida, Malta

Hennie Nortjé. Eikeboom, herfs 2020

Hennie Nortje. Bleshoenders

Hennie Nortjé. Heldedade in die spens

Hennie Nortjé. Ou boom

HF Nortje. Mdina, Malta

HF Nortjé. Die Ruiter in Swart galop voort

HF Nortjé. Levitica

HF Nortje. Burkas

 

O

Bernard Odendaal. Kleitrap met die verlede tyd

Bernard Odendaal. Twee nuwe gedigte

Bernard Odendaal. poësiewerkwinkel

Bernard Odendaal. Onthou se dinge. ‘n Liedsiklus

Bernard Odendaal. Botaniesetuin-rondeau

Bernard Odendaal. sehnsucht

Bernard Odendaal. Romeinse offisier by die Kruis

Bernard Odendaal. “raar maak waar”

Bernard Odendaal. By die dood van ’n reisgenoot

Bernard Odendaal. Helsems

Pieter Odendaal. noord-namibië

Pieter Odendaal. 16 Desember 2009

Fanie Olivier. heil die leser

marcelle olivier. ghazal vir lente

Marcelle Olivier. kersiewit : dorothy parker (Lykdig)

Willem Tjebbe Oostenbrink. Twee gedigte

 

P, Q

Heidi Papadopoulos. Vrede.

Gunther Pakendorf. Valsbaai, nasomer

Gunther Pakendorf. deus absconditus

Fred Papenhove. Drie gedichten

Fred Papenhove. (Twee gedichten)

Susan Pike. Six-love

Susan Pike. Mondjie gesnoer

Susan Pike. Klets en swets

Susan Pike. Frikkie Viljoen se soen

Susan Pike. Bierplesier

Bart Plouvier. De kraai, e.a. gedichten

Theresa Postma. Langsamer Satz

Theresa Postma. Rooigety

Theresa Postma. Stiltes

Anri Potgieter. ou liefde

Carmen Pretorius. konkavure brand

Carmen Pretorius. Oumas lief lente

Carmen Pretorius. Myse gryskop ma

Carmen Pretorius. verdwaal in somer

Jo Prins. Na Ginsberg

Jo Prins. vallers

Jo Prins. stad

Johannes Prins. Get over yourself

 

R

Arnoud Rigter. Koel gloei kiem vouw

Arnoud Rigter. Twee gedigte (ik bevind me…; voor jou)

Hannie Rouweler. Vier gedichten

Willem Roggeman. Canto voor Bert Schierbeek

Willem Roggeman. De ademhaling van de zee

Willem Roggeman. Twee gedigte (Tijdsbesef; Lichaamstaal)

Willem M. Roggeman. “Wat alleen schilders zien”

Willem M. Roggeman. “Portret van Gerrit Achterberg”

Willem M. Roggeman. Jan Moritoen herleest een gedicht

Willem M. Roggeman. Gerrit Kouwenaar, vanzelfsprekend

Willem Roggeman. Het einde van de avant-garde

Willem M Roggeman. Milaan laat in de morgen

Willem M. Roggeman. Een ongenaakbare curiositeit

Willem M. Roggeman. Afstandelijk

Willem M. Roggeman. De luchtbellen van Poseidon

Willem M. Roggeman. Lockdown

Willem M. Roggeman. Melancholisch als Willem Bilderdijk

Willem M. Roggeman. Materiaal voor een gedicht

Willem M. Roggeman. De eik van Dodona

Willem M. Roggeman. Palimpsest

Willem M. Roggeman. Stenen tijdperk

Willem M. Roggeman. Hypatia lang geleden

Willem M. Roggeman. Een spook in verf gehuld

Willem M. Roggeman. Zoals Durrell in Alexandrië

Willem M. Roggeman. Sokrates drinkt

Willem M. Roggeman. Het kunstenaarsdorp Laren

Willem M. Roggeman. Een exegeet spreekt

Willem M. Roggeman. Najaar aan de Noordzee

Willem M. Roggeman. Naturalisme

Willem M. Roggeman. Exegese

Willem M. Roggeman. Dialectiek

Willem M. Roggeman. Hesiodos

Willem M. Roggeman. Woordverschuiving

Hannie Rouweler. Twee gedichten

Hannie Rouweler. Drie gedichten

Alwyn Roux. mens herken aan die mond van iemand

Alwyn Roux. stilte aan die ander kant van ruite

Alwyn Roux. Ondergang

Alwyn Roux. Herberg

Alwyn Roux. Dofverligte poort

Alwyn Roux. Vredig

Alwyn Roux. Terugreis

 

S

Andries Samuel. in die langpad

Alfred Schaffer. De mens eet nauwelijks nog poëzie, alleen verhalen

Alfred Schaffer. Vir Mandela

Alfred Schaffer. Gedicht zonder woorden

Gerard Scharn: 4 Gedigte

Gerard Scharn. IJ

Gerard Scharn. vreemd verlangen naar een taal

Gerard Scharn. de dochter van ketev meriri

Gerard Scharn. terug naar de tijd die was

Gerard Scharn. zonsondergang  met afdronk

Gerard Scharn. Seizoensgebonden

Gerard Scharn. vrede voor de komende avondschemeringen

Gerard Scharn. je voeten raak ik in de schaduw

Gerard Scharn. Ode aan de ui

Gerard Scharn. maria van magdala

Gerard Scharn. sara baartman zwarte venus

Gerard Scharn. passante op de passerel

Gerard Scharn. onlangs kwam ik eva tegen

Gerard Scharn. de potkacheltjes van kaapstad

Gerard Scharn. Montecelio 1924

Gerard Scharn. zijden draad

Gerard Scharn. boeremusiek

Gerard Scharn. proeve van een rondeel

Gerard Scharn. stad

Gerard Scharn. verleden tijd

Solet Scheeres . Om af te tree op Bela-Bela (Wenner (Plekgedigte)

John Schoorl. Hoor de zieltrein

Rob Schouten. Twee gedigte. (Oude non; Al goed)

Rob Schouten. Gebeurtenis met feelgood-einde

Bibi Slippers. Suid-Afrika

Bibi Slippers. Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond …

Bibi Slippers. Wasdom

Susan Smith. EsiKhaleni, Hole-in-the-wall (Plekgedig)

Susan Smith. Keiserstrand-tafoni

Susan Smith. Tuin van mondings (Lykdig)

Susan Smith. nagmusiek vir ’n slaaplose

Susan Smith. as ‘n swerfvalk teen ‘n ruit vasvlieg

Susan Smith. vergifnis

Susan Smith. lykrede vir ‘n taal aan die vergete kant van die land

Susan Smith. Onderwater

Susan Smith. hoe slaap jy ben van beurden

Hilda Smits. Ongetiteld

Hilda Smits. vir hj

Erik Solvanger. Drie gedigte

Marcel Spaumer. Al-ewig

Carina Stander. Vier verse oor lugskoonmaakplante

Carina Stander. Die weerlig is die naglug vol

Carina Stander.stiljag  (Wenner Beeldgedigte)

Carina Stander. Volmaan, Nature’s Valley (Wenner Plekgedigte)

Carina Stander. Verwilder

Bart Stouten. “Deflatie van nachtelijke herinnering”

Bart Stouten. “Scene met deflatie en zelfvoldaanheid”

Bart Stouten. “Gratis koffie (zoals vroeger)”

Bart Stouten. “Haventaks voor eilandje met liefde”

Bart Stouten. Open haard van taal, e.a. gedichten

Jacobus Swart. Johann Joachim Winckelmann

Jacobus Swart. Elisabeth Eybers op ‘n hospitaalbed

Jacobus Swart. naggesprek

 

T

Charles Tait. Lentevers op die suffelste (vir Breyten Breytenbach)

Gerda Taljaard. ek neem haar naam  (Beeldgedig)

Gerrit Theron. Jan de Koker het getrou

Gerrit Theron. Wasdom

Gerrit Theron. vierseisoenevrou

Jan Theuninck. Rode Rivier, e.a gedichten

Reinette Thiart. Lente Spring (5 limerieke)

Willem Tjebbe Oostenbrink. Zout (3)

 

U

Gisela Ullyatt. die eksodus van ouma martha (Beeldgedig)

Gisela Ullyatt. Underberg (Plekgedig)

Gisela Ullyatt. Tussen kontinente

Gisela Ullyatt. wanneer verse begin droom (Lykdig)

Gisela Ullyatt. voor ek vertrek

Gisela Ullyatt. Gedig in vibrocrete

Gisela Ullyatt. Uitgang

 

V

Anne van Amstel. Vreugdehof

Hans van de Waarsenburg. Het is weer deze nacht

Stefaan van den Bremt. O en andere verzen.

Stefaan van den Bremt. Twee gedigte (Canon; Cats’ overvloed)

Stefaan van den Bremt. “De Meester en de Menigte”

Marko van der Colff. Kaap die Goeie Hoop: 1976  (Plekgedig)

Froukje van der Ploeg. Twee gedigte (Part time; Eiland)

Froukje van der Ploeg. Twee gedigte (Zoals mijn vader; Knieën)

Gerry van der Linden – Twee gedigte (Stadswild; Als)

Gerry van der Linden. Verse helden

Gerry van der Linden. Uur van mijn moede

Kirby van der Merwe. Klein manifes van ’n reisiger (Lykdig)

Willie van der Merwe. Bedevaartslied

Willie van der Merwe. Twee gedigte

Willie van der Merwe. Twee gedigte

Jacobus van der Riet. Gedigte oor Keltiese Heiliges, ter gedagtenis aan wyle Karel Schoeman

Jacobus van der Riet. Twee gedigte vir Palmsondag

Jacobus van der Riet. Die Heilige Lydingsdraende […]

Jacobus van der Riet. Die Heilige Kevin […]

Jacobus van der Riet. Op die vooraand van Corpus Christi, 16 Junie 1990

Jacobus van der Riet. Twee gedigte

Jacobus van der Riet. Twee gedigte

Jacobus van der Riet. Twee gedigte

Jacobus van der Riet. Twee gedigte

Jacobus van der Riet. Die H. Abba Josef (4de eeu n.C.)

Nicolette van der Walt. Roosdig

Nicolette van der Walt. Doekvoet

Nicolette van der Walt. Hyperion

Carina van der Walt. Panta Rhei – Panta Klei

Carina van der Walt. geskiedenis van ’n lawasteen

Johann van der Walt. Waarheen hardloop die ure?

Johann van der Walt. Ode aan onsterflike verse

Johann van der Walt. weggooikind

Johann van der Walt. Optog verby die vervaldatum

Christo van der Westhuizen. 2 gedigte

Christo van der Westhuizen. Anosmia

Christo van der Westhuizen. Winternag

Christo van der Westhuizen. Openbare dele

Christo van der Westhuizen. Lockdown, Mei 2020

Heléne van der Westhuizen. The will

Heléne van der Westhuizen. Unrest; Rage

Joha van Dyk. ek sien jou in kerkstraat

Joha van Dyk. dit was hier

Lies van Gasse. Het laatste lied

Lies van Gasse. Wenteling XV

Mariëtte van Graan. 5 haikoes

Guy van Hoof. Twee gedigte (De verwondering; Waarheidsgetrouw portret)

Geert van Istendael. Brievenweger, e.a. gedichten

Elmarie van Kampen. ‘n Ouma van Huis Lenteroos

Elmarie van Kampen. wees

Johannes van Loggerenberg.Herinnering aan Port Elizabeth  (Plekgedig)

Roel Richelieu van Londersele. Het model

Roel Richelieu van Londersele. Nieuwe lentes

Marlene van Niekerk. By die otoloog

Marlene van Niekerk. Fantasie vir Fort Europa Junie 2015

Meyer van Rensburg. Eks. 4:10

Piet van Rooyen. ‘n uur so lank soos ‘n aar

Ilse van Staden. mooi blou blom

Ilse van Staden. mot en roes

Ilse van Staden. Teenstaan

JC van Staden. Klaaglied vir César Vallejo

Helize van Vuuren. Die flâneur

Helize van Vuuren. Twee neuslimerieke

Helize van Vuuren. ‘n sterkonstellasie van Faans

Helize van Vuuren. blink lyn in die diepsee

Helize van Vuuren. Nike van Samotrasië

Helize van Vuuren. diepseeduiwel op my kop

Salomé van Vuuren. Ars poetica

Salomé van Vuuren. Brief

Salomé van Vuuren. Besoek aan Matjiesfontein

Elisma van Zyl. Krotoa

Elisma van Zyl. Jou vrou

Elisma van Zyl. Eden

De Waal Venter. Beginnend by die begin

De Waal Venter. Landskappe

De Waal Venter. Menslike genade

De Waal Venter. Sal 1950 loslaat wat dit inhou?

De Waal Venter. Jy hou alles

De Waal Venter. Onvolledige stelsel

De Waal Venter. Verras deur ‘n gelukkie

De Waal Venter. Dink deur

De Waal Venter. Darwin tob

De Waal Venter. Die grense van liefde

De Waal Venter. Drie gedigte

De Waal Venter. Die stem van ‘n vrou

De Waal Venter. Cave verbum

De Waal Venter. Nageslag

De Waal Venter. Die werklikheid verstel  (Beeldgedig)

De Waal Venter . ‘n Man in Johannesburg  (Plekgedig)

De Waal Venter. Werklik onwerklik

De Waal Venter. “Drie-uur”

De Waal Venter. “Om ‘n lokkende taal te praat”

De Waal Venter. Dans van die ou man

De Waal Venter. Pragtige vrou

De Waal Venter. L’apres midi d’un faune sans cellulaire

De Waal Venter. Stewig in beheer van die kombuistafel

De Waal Venter. “Voortstap”

De Waal Venter. Naastenby 1948 jaar na die geboorte van Christus

De Waal Venter. Karl Jung ervaar sy psige as ’n seekoei.

De Waal Venter. Gedigte oor sterflikheid en verganklikheid 2

De Waal Venter. Het jy ‘n maan

De Waal Venter. Gedigte oor sterflikheid en verganklikheid

De Waal Venter. Riglyne tot gebed

De Waal Venter. Paleis

De Waal Venter. Verdiep in Tranströmer

De Waal Venter. Twee gedigte

De Waal Venter. Lynreg

De Waal Venter. Yl raamwerke van ons drome

De Waal Venter. Uitverkiesing van spesies

De Waal Venter. Net pietersielie

De Waal Venter. Rondom my

De Waal Venter. Soos die lente maak met die kersiebome

De Waal Venter. In waansin het ek gevra

De Waal Venter. Twee prosagedigte

De Waal Venter. ‘n Pennie se sonde

Estelle Venter. Twee kwatryne

Elmarie Viljoen-Massyn

Elmarie Viljoen-Massyn. Kopskuif

Elmarie Viljoen-Massyn. Verby

Hein Viljoen. Drie gedigte

Hein Viljoen. Mzansi (onner innie syde)

Hein Viljoen. Matriksiaal

Hein Viljoen. Parys

Hein Viljoen. Gekraakte pot

Hein Viljoen. Teddiebere

Hein Viljoen. Grendelstilte

Hein Viljoen. Politiek van die pens / Politics of the belly

Hein Viljoen. 5 haikoes

Hein Viljoen. Twee variasies op Neruda: Soutroos

Hein Viljoen. Twee variasies op Neruda: Rivier

Hantie Viljoen. Om die draai van onthou

Hannes Visser. Asemhaal

Hannes Visser. Covid-internering

Hannes Visser. Die burgemeester

Hannes Visser. Covid-son 18 April

Hannes Visser. Die biker

Hannes Visser. Onthulling

Hannes Visser. Visvang

Hannes Visser. Saartjie

Hannes Visser. Kerktorings

Hannes Visser. Netta van De Aar

Hannes Visser. Bobbejaanstreke

Avbob Poësiekompetisie. Derde Prys (Afrikaans). Hannes Visser

Lief Vleugels. Drie Gedichten

Cas Vos. Twee gedigte

Cas Vos. ’n Ode vir Kodi Lee

Cas Vos. Corona, o Corona

 

W

Roel Weerheijm. Vier portretten

Roel Weerheijm. Bewolking is mijn dak

Roel Weerheijm. Het eindigt met woorden

Werner Wehmeyer. winter se grou

Werner die Woordskilder. droom digter

 

Biografieë & ander gedigte kan ook hier gelees word.

 

 

Ilse van Staden. Teenstaan

Monday, January 24th, 2022

 

Teenstaan

 

Julle dwing, per reël en regulasie,

my dié wapenrusting aan –

hande gewas en mond gesnoer –

maar ek trek my dit aan,

soos gietyster oor my hart

trek ek my dit aan,

en as ek dan teen Goliat –

dié berg-van-ʼn-molshoop –

in volle gereedheid moet staan,

eis ek ʼn vergunning:

om met my eie wering

in godsnaam vrý

sonder julle helm en harnas

sonder masker of muilband

heen te gaan.

 

© Ilse van Staden 2021

 

Digtersprofiel: Ilse van Staden

Sunday, January 23rd, 2022

 

 

 

Ilse van Staden is in 1972 in Pretoria gebore, maar het grootgeword in die Waterberge in die Limpopoprovinsie. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Pro Arte (Pretoria) en studeer veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Haar debuutbundel Watervlerk (2003) ontvang die Eugène Marais- en Ingrid Jonker-pryse. Sy voltooi ook ʼn B.A.-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan UNISA.

Sedertdien publiseer sy nog drie digbundels, ʼn kortverhaalbundel en ʼn roman, Goeie dood wat saggies byt (2015). Na haar verhuising na Australië in 2012, skryf sy ook twee Engelse romans. Sy praktiseer tans as veearts in New South Wales, Australië.

In 2021 verskyn Engelse en Griekse vertalings van haar gedigte in onderskeidelik World Literature Today en Teflon.

 

 

Afrikaanse publikasies:

 

2003      Watervlerk (Poësie)

2008      Fluisterklip (Poësie)

2009      Die dood is ’n mooi blou blom (Poësie)

2009      Tafel vir twee (Kortverhale)

2016      Goeie dood wat saggies byt (Roman)

 

Ingrid Jonker. As jy slaap

Saturday, January 22nd, 2022

 

As jy slaap

 

As jy slaap en die verdriete

en selfs ons bitter liefde agterlaat,

is jy maar weer ʼn argelose kind

met drome wind’rig oor jou mooi gelaat.

 

Ag, as die teer nag in jou arms lê,

en sterlig oor jou bors en hare skyn,

is jy maar weer ʼn seuntjie weggedwaal

van huis en ouers en hul soete samesyn.

 

Ag, in jou slaap wil ek jou neem

en aan my bors hou tot die môre wyd

oor al die heuwels breek – wil ek jou neem

en terugbring van jou eensaamheid.

 

(Uit: Rook en Oker, Jonker, I. 1994. Ingrid Jonker, Versamelde Werke (Derde Hersiene uitgawe). Human & Rosseau, p 58.)

 

Ingrid Jonker. Reis om die wêreld

Saturday, January 22nd, 2022

 

 

Reis om die wêreld

Vir André

 

Olyf reise

bome    water

jy met jou liggaam van varings

dromend in my arms digby die Seine

met jou liggaam

van wit gewels

met jou liggaam

van bitter son

in Barcelona

(agter die stiergevegte

die siëstas van jou hande)

Reise van stilte

reise van mure

reise van marmer

koeplette van klein

harde

woorde

vergaan

maar jý

dromend in water varings en son

in my arms digby die Seine

gaan héén

bevrug die aarde

 

Parys, 9 Julie 1964                                                  

 

(Uit: Kantelson, Jonker, I. 1994. Ingrid Jonker, Versamelde Werke (Derde Hersiene uitgawe). Human & Rosseau, p.121.)

 

Digtersprofiel: Ingrid Jonker

Saturday, January 22nd, 2022

 

 

 

Daar sal ʼn tyd kom wanneer ons land die herinnering aan ál sy mense sal respekteer: die seuns, die dogters, die moeders, die vaders, die jeugdiges en kinders wat – deur durf en daad – vir ons die reg gegee het om met trots daarop aanspraak te kan maak dat ons Suid-Afrikaners is; dat ons Afrikane en wêreldburgers is. Met die sekerheid wat ouderdom bring, is ek oortuig dat daar tussen hulle ʼn Afrikanervrou is wat die grense van ʼn spesifieke ervaring oorskry het en wat tereg as Suid-Afrikaner, Afrikaan en wêreldburger geklassifiseer kan word. Haar naam is Ingrid Jonker. Sy was ʼn tegelyke tyd ʼn digter en Suid-Afrikaner; ʼn Afrikaner en Afrikaan; ʼn kunstenaar en mens. Te midde van smart, het sy hoop besing. Toe sy met dood gekonfronteer is, het sy skoonheid gehandhaaf. In die donker dae toe alles in die land hopeloos gelyk het, toe almal geweier het om die weerklank van haar stem te hoor, het sy haar lewe geneem. Aan haar, en ander soos sy, is óns iets aan die lewe-self- verskuldig. Aan haar en ander soos sy, is daar ʼn verpligting op óns met betrekking tot die armes, die onderdruktes, die hart-gebrokenes en veragtes. Na aanleiding van die bloedbad tydens die verset teen paswette by Sharpeville, het sy geskryf: Die kind is nie dood nie … ”  — President Nelson Mandela

 

’n Geslag kan nie verbygaan sonder ’n Ingrid Jonker op die rak en in die hart nie.Tom Gouws

 

Ingrid Jonker, die tweede dogter van die skrywer en politikus Abraham H. Jonker en Beatrice (Cilliers) Jonker is op 19 September 1933, ʼn paar maande na haar ouers van mekaar vervreem is, op Douglas in die Noord-Kaap gebore. In die beëindiging van die verhouding bevraagteken haar vader sy ouerskap met betrekking tot die ongebore kind (Ingrid) wat later ʼn groot sielkundige effek op die digter sou hê. Toe Jonker ongeveer tien jaar oud was, sterf haar moeder. Soos wat met Jonker in 1961 sou gebeur, word haar moeder óók as psigiatriese pasiënt in Valkenburg behandel. Jonker was ʼn ruk lank saam het haar grootmoeder in die Gordonsbaai-omgewing woonagtig en is deur omstandighede genoop om baie rond te trek. Hulle was baie arm en het ʼn karige toelaag van haar vader ontvang. Later bly sy by haar vader in Kaapstad. Jonker het tot ʼn mate ʼn wrok teen haar vader gehad, omdat hy ’n Nasionale Party-politikus was. Sy matrikuleer aan die Hoër Meisieskool Wynberg. Ná haar skoolloopbaan is sy in Kaapstad werksaam by boekwinkels, drukkerye en uitgewers.

Jonker se eerste verse word reeds op sesjarige ouderdom geskryf en verskyn in skoolblaaie en Die Jongspan. Op sestienjarige leeftyd lê sy ‘n bundel verse onder die titel Ná die somer voor aan D.J. Opperman wat haar van advies bedien maar die manuskrip word nie vir publikasie aanvaar nie. In die vyftigerjare verskyn van haar gedigte in Die Huisgenoot en Naweekpos, terwyl sy later ook tot Contrast, Inset, Sestiger en Podium bydra.

Haar debuutbundel, Ontvlugting, verskyn in 1956. Ernst van Heerden maak onder andere die volgende stellings met betrekking tot dié bundel: “… adolessente verse … en dikwels volwasse reeds in die knap en selfversekerde vormvermoë en die rake begrip van wese onder die skyn van dinge …” ; “… die grootste gevaar wat haar [Jonker se] poësie bedreig: te veel kop, te min hart …” ; “… ʼn ongelyke debuut wat in liefdesillusie en derivatiewe ‘drade’ verstrengel geraak het. Maar haar talent was onmiskenbaar …”

 

Ontvlugting

 

Uit hierdie Valkenburg het ek ontvlug

en dink my nou in Gordonsbaai terug:

 

Ek speel met paddavisse in ʼn stroom

en kerf swastikas in ʼn rooikransboom

 

Ek is die hond wat op die strande draf

en dom-allenig teen die aandwind blaf

 

Ek is die seevoël wat verhongerd daal

en dooie nagte opdis as ʼn maal

 

Die god wat jou geskep het uit die wind

sodat my smart in jou volmaaktheid vind:

 

My lyk lê uitgespoel in wier en gras

op al die plekke waar ons eenmaal was.

 

(Uit: Ontvlugting, Jonker, 1994: 17)

 

 In dieselfde jaar as die verskyning van Ontvlugting (1956) is sy met Pieter Venter (digter van Die blomblaar is requiem) getroud ná hulle ongeveer twee jaar vantevore by ʼn Boheemse partytjie ontmoet het. In Desember 1957 word haar dogter Simone gebore. In 1962 is sy en Venter formeel van mekaar geskei. Simone het ʼn belangrike invloed op haar digkuns gehad.

Ná die verskyning van haar debuutbundel raak sy bevriend met Uys Krige, Jan Rabie en Jack Cope, en later ook met André P. Brink, wat almal haar werk lees en haar aanmoedig. Sy het later liefdesverhoudings met Brink en Cope. In 1962 raak sy swanger met Cope sy kind, maar die kind word geaborteer. Nie Brink of Cope wou ooit met Jonker trou nie.

Jonker se tweede bundel, Rook en Oker, verskyn in 1963. Sy ontvang die A.P.B-prys vir dié bundel en die prysgeld en ’n studiebeurs van Anglo American stel haar in staat om deur Wes-Europa te reis. Vir ʼn sekere deel van dié reis word sy deur André P. Brink vergesel. Haar en Brink se verhouding vertroebel teen die einde van dié reis en sy word weens depressie opgeneem in ʼn Paryse hospitaal. Brink beëindig die verhouding finaal in April 1965.

 Kannemeyer maak die volgende inleidende opmerkings oor Rook en Oker: In teenstelling tot “Ontvlugting” beoefen sy hier oorwegend ‘n tipe vrye vers wat gekenmerk word deur die kortsluiting van ‘n reeks assosiatiewe beelde, inkanterende gebruik van die herhaling, eie ritmiese gang en afwesigheid van interpunksie, wat tot verrassende jukstaposisies en funksionele dubbelsinnighede lei. Die grootste deel van die bundel bevat intens erotiese poësie waarin gesoek word na ‘n verlore geliefde, in so ‘n mate dat die verhouding tussen die ek en die afwesige jy tot enigste werklikheid verhef en die omringende wêreld en mense tot illusie gereduseer word. Sommige van die gedigte uit dié bundel is in Engels, Frans, Duits, Hindi, Persies, Zoeloe en Xhosa vertaal.

 

Op alle gesigte

Op alle gesigte van alle mense

altyd jou oë die twee broers

die gebeurtenis van jou en die onwerklikheid

van die wêreld

 

Alle geluide herhaal jou naam

alle geboue dink dit en die plakkate

die tikmasjiene raai dit en die sirenes eggo dit

elke geboortekreet bevestig dit en die verwerping

van die wêreld

 

My dae soek na die voertuig van jou liggaam

my dae soek na die gestalte van jou naam

altyd voor my in die pad van jou oë

en my enigste vrees is besinning

wat jou bloed wil verander in water

wat jou naam wil verander in ʼn nommer

en jou oë ontsê soos ʼn herinnering

 

(Uit: Rook en Oker, Jonker, 1994:47)

 

Voor haar dood begin Jonker werk aan ʼn nuwe versameling gedigte. Gedurende die tyd verswak haar geestestoestand en ervaar sy ernstige finansiële probleme. ʼn Paar dae voor haar dood verneem sy van Brink se verlowing aan Salome Louw. Sy pleeg selfmoord deur op 19 Julie 1965 by Drieankerbaai die see in te loop. Sy was 32 jaar oud. Daar is ʼn handvol van haar gedigte wat haar selfmoord voorspel. Die versameling Kantelson, het postuum in 1966 verskyn. In Kantelson, aldus Kannemeyer herhaal Jonker motiewe en vondste uit haar vroeër werk … en oorheers die desillusie oor die liefde en lewe en lei dit tot verbittering en wanhoop.

 

Met hulle is ek

 

Met hulle is ek

wat seks misbruik

omdat die indiwidu nie tel nie

met hulle wat dronk word

teen die afgrond van die brein

teen die illusie dat die lewe

eenmaal goed of mooi of betekenisvol was

teen die tuinpartytjies van die valsheid

teen die stilte wat slaan teen die slape

met hulle wat oud en arm

meeding met die dood die atoombom van die dae

met hulle verdwaas in inrigtings

geskok met elektriese strome

deur die katarakte van die sintuie

met hulle van wie die hart hul ontneem is

soos die lig uit die robot van veiligheid

met hulle kleurling african ontroof

met hulle wat moor

omdat elke sterfte opnuut bevestig

die leuen van die lewe

en vergeet asseblief

van geregtigheid    dit bestaan nie

van broederskap    dis bedrog

van liefde   dit het geen reg nie

 

(Uit: Kantelson, Jonker, 1994:127)

 

Kort ná haar dood word die letterkundige prys, die Ingrid Jonker-prys, vir die beste debuutbundel vir poësie, ingestel. Dit word jaarliks alternatiewelik vir óf ʼn Afrikaanse óf ʼn Engelse digter wat debuteer, toegeken.

Jonker se gedigte is onder andere deur die jare deur talle kunstenaars getoonset, hulle is verwerk tot verhoogdramas en het gelei tot ʼn huldigingsrolprent. Haar kuns is ʼn onmiskenbare kulturele erfenis en ʼn skatkis waaruit toekomstige generasies nie net inspirasie kan put nie, maar wat, soos alle groot digters, in ʼn taal praat wat iets sereen en onsterflik op ʼn volk se psige én die individue se siel sal agterlaat.

Sy het nie die geduld gehad om vir tyd te wag nie, kompromie het sy verseg, en haarself kon sy nie bedrieg nie. Ingrid Jonker het gefaal in haar lewe as vrou, maar is enersyds ook deur die lewe in die steek gelaat. Poësie en liefde het versmelt in diesélfde vuur wat tussen haar en die dood gebrand het, tot en met die voorwaardes té ongenaakbaar geraak het en haar hart ingegee het as gevolg van die uitputting.

En nou is dit híérdie poësie wat die essensie van wat sy was omvat, die teer en sagte stem van smart en vrouwees en liefde en blydskap. En daarom, waar poësie gelees en geken word én waar lewe verrys uit die as van die vernietiging wat dit agterlaat, sal generasies van jeug en skoonheid vir haar ʼn kroon van wilde olyf bring.   Jack Cope

 

Lys van publikasies:

1956 Ontvlugting

1963 Rook en Oker

1966 Kantelson

1975 Versamelde werke (heruitgawes in 1983 en 1994)

2007 Black butterflies: Selected Poems soos vertaal deur André P Brink en Antjie Krog

 

Publikasies oor Jonker:

Brink, AP. 2016. Vlam in die Sneeu – Die liefdesbriewe van André P Brink en Ingrid Jonker, Umuzi, 2016

Metelerkamp, P. 2018. Ingrid Jonker. ’n Biografie, Penguin Books.

 

Bronne:

 Jonker, I. 1994. Ingrid Jonker, Versamelde Werke (Derde Hersiene uitgawe). Human & Rosseau. [Alle aanhalings van gedigte hieruit geneem. Die Nelson Mandela en Jack Cope aanhalings soos deur die samesteller vertaal in Afrikaans.]

Kannemeyer, JC. 1984. Geskiedenis van Afrikaanse Literatuur, Band 2. Akajademia.

https://af.wikipedia.org/wiki/Ingrid_Jonker

https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/nasionaliste/biografiese-profiele/ingrid-jonker-1933-1965/

https://open.uct.ac.za/bitstream/handle/11427/19070/thesis_hum_1971_driesse_oliver_

edgar.pdf?sequence=1

Nini Bennett. Da Capo

Friday, January 21st, 2022

 

Da Capo

 

Van al die relieke, uitgestrooi met afskeid

is min dinge so leeg en eensaam soos ’n hoed;

dit reis tussenwêrelds na niks of na rus

en die kapstok sê: jy het gearriveer of gegaan.

Daar is min dinge so aanwesig soos ’n hoed.

Op al die haltes van aankoms en vertrek

was jou swaar kop die mooiste; groot

met skedelnate broos om die kroonare

wat roosrank deur jou brein. Jou hoed

was trots, maar hang nou verslae

aan die kapstok – sal dit ons haltes

van vergeet onthou as ek inboek

in die eensaamheid van dié vers?

’n Kapstok tel die ure se loopgang,

die kopskuiwe van hier en ver.

As ons ná die eendagsreis ontslaap, die self

kolskoot en finaal ophang aan die kerfstok

sal ek weer aanmeld by die laaste

halte – die inlas van verlies vind;

jou hoed hang daar, jy is hier,

vir ewig tuis. Ek het jou liefgehad

soos ’n hoed of ’n eenvoudige profesie.

 

(Boekstaaf, 2015.)

 

Digtersprofiel: Nini Bennett

Friday, January 21st, 2022

 

 

Nini Bennett is op 30 Maart 1972 in Pretoria gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Eldoraigne. In haar standerd 9 en matriekjaar (1989-1990) wen sy die landswye De Kat-poësiekompetisies vir hoërskoolleerlinge in al die onderskeie kategorieë, waarna sy die grade BA en BA (Hons) in Literatuurwetenskap (met lof) aan die Universiteit van Pretoria behaal. As voorgraadse student wen sy verskeie UP/Van Schaik-studenteskryfkompetisies vir prosa en poësie. In 1999 deel sy die M-Net-Beurs met Rachelle Greeff. Sy skryf meer as 2000 groetekaartjies vir Hallmark (1997-1999), waarna sy ’n lewenslange renons in clichés ontwikkel.

Bennett sit haar studie voort aan die Universiteit van Kaapstad en verwerf ’n MA-graad in skeppende skryfkuns (met lof) onder leiding van Etienne van Heerden. Haar verhandeling, ’n bundel kortverhale, word in 2002 gepubliseer as Stoornis (Tafelberg) en in 2003 bekroon met die UJ-debuutprys. In 2008 wen sy die internasionale Room to Read-prys (kategorie Afrikaans) vir ’n jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, wat as gemeenskapsprojek die lig sien in al elf landstale.

Sy publiseer verskeie resensies van literêre werke asook artikels en blogs in Rapport, LitNet, Beeld, Sarie en Versindaba (2008-2022).

Kortverhale, gedigte en artikels verskyn voorts in die tydskrifte De Kat (1989-1990), Insig (2003) en Contrast (1989). ’n Kortverhaal, “Wag op die koningin” word in Nederlands vertaal en opgeneem in Deus ex Machina (2000). Bennett se kortprosa is onder meer gebundel in Die Afrikaanse Kortverhaalboek (2012), Die mooiste liefde is verby (1999), Bloudruk (1995), Drif (1996), Van spoke gepraat (2006), Douspoor (2000), Skrik op die lyf (2016) en Hartlam (2017). Haar poësie is opgeneem in Crossroads of the Century (1992), Onse Mense 2 (Mari Stander, 2016), Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte (F. Olivier 2016), Vers & Vrou (Karen de Wet, 2020), Maskers & Mure (Daniel Hugo, Francois de Jongh, 2021) en I wish I’d said…Vol. 4 (2021). Twee kortverhale wat in die bundel Douspoor verskyn, word voorgeskryf vir Afrikaans Tweede Taal se Senior Sertifikaateksamen in 2006. Sy publiseer drie digbundels: Kodeks (Cordis Trust, 2011), Boekstaaf (Cordis Trust, 2015) en Donkerwerk (Naledi, 2019).

In 2015 tree sy op saam met die digters Lina Spies, Danie Marais en Ronel Foster by die US-Sanlam-poësieslypskool. In dieselfde jaar ontvang sy as eerbewys die Orde van die Beiteltjie van Cordis Trust.

In 2020 maak sy saam met Joan Hambidge haar buiging as resensent op AVBOB se televisieprogram, Ek wou nog sê…Haar kortverhaal, Bus 7070 word kort hierna verfilm vir kykNET (2021). Sy is tans werksaam op vryskutbasis as vertaler, taalpraktisyn, keurder, resensent, skrywer en poësiementor. Sy behartig ’n maandelikse rubriek op LitNet en in haar vrye tyd bestudeer sy esoteriese leringe en artefakte. Sy is sedert 2012 in ’n verhouding met die akademikus en digter Mellet Moll.