Wekroep van die verlostes vol-hard dier uit die lug gepluk in ʼn kampie gehok grond in vlakke getrap natuurlike opslag gestroop voor nuwes uit kon loop yl vlerke vermink sonder water of rantsoen breek jy deur grensdrade dwing draadpale uit die grond ©️ Margaret Cordier-Biermann, 2026
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Hennie Maartens. bitterbos in die lente
bitterbos in die lente uit knoppies breek die lente sag en teer waar vrugtebome wit bloeisels opgaar die bye neurie van blom tot blaar en belowe vrug ná winter keer op keer ek dwaal verlore deur dié wêreld weer waar elke pad sy skadu om my skaar tog wek die spruite…
Bester Meyer. Ter Elfder Uur
https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Foto 18 – Naghemel Rogge Cloof Ter Elfder Uur elke gedig ontspring vanaf daardie ewige punt in die heelal om vir my buurman wat onder ʼn sentrum van sterrestroming flonker, iewers in die kloof tussen heerlikheid en sterflikheid ʼn oor-sprong te laat vasanker in die twéékantigheid van ons ek begryp…
Joan Hambidge. Ook elders aan diens nou
Ook elders aan diens nou ‘n Lykdig vir Franz Agter op ‘n rekening van ‘n restaurant (vir ‘n buitegas) begin ek ‘n gedig vir jou: jy het altyd almal se voorkeure onthou. Jy met die sagte hart wat my afneem met die kamera op my selfoon langs Sting oor die vorm van…
Joan Hambidge. XXXIX
XXXIX Tristia herwin U moet my toelaat, Here, dat ek té veel voor-tekens ignoreer (uitwis) tekens se eie ge-nade-lose teken-heid, wat in drome aan-meld of verby my dwingend marsjeer (soos) die selfdood van ‘n kelner ón(voor)bereid. © Joan Hambidge, 2026
Joan Hambidge. Piromaan
LXXV Piromaan die vuur sit in my vingers om nog ‘n antwoord op Louw te skryf, dansend die sigaretrook wat ópklim en die as wat val oor die mat, die aarde is nie eenvoudig nie, beweer hy ook soekend na ‘n pendant in my Latynwoordeboek: om só ‘n palinode te skryf, maak van…
Joan Hambidge. My geliefde voormalig
My geliefde voormalig Sy kleur haar gesig elke oggend in perfek: rooi lipstiek, maskara, selfs ‘n bietjie poeier op die wange voltooi die prentjie alte flink. Sedert haar vertrek in my skoon badkamer staan daar Charlotte Rhys se Hand & Body Lotion naellak en ‘n skêrtjie langs haar handdoek. Soms ontdek…
Jasmyn Beetge. Delikaat
Delikaat Vir Liebe jy het nie gegaan nie nie hiervandaan nie en ook nie gekom nie saadjie wat nie kon blom nie blom wat nooit sal bloei maar jou naam groei altyd met my saam © Jasmyn Beetge, 2026
