Wanneer woorde asemhaal Maritha Broschk Vir Maritha Broschk is woorde dit wat lewe skep en bevry. Wanneer woorde asemhaal, word die liefde sinvol en die dood draaglik. Sy vind aanklank by mededigters, skilders en komponiste wat alledaagse kwellings en verskrikkings tot skoonheid kan omtower. In hierdie verse verrys woorde triomfantelik uit die kerker van die…
Category: Nuwe Publikasie
Nuwe Bundel. Kobus Grobler: Raamwerk
Raamwerk Kobus Grobler Die digter probeer in sy verse mense se lewens raam – dié van glanspersoonlikhede, verskoppelinge, familie, sy eie – en in woordportrette vasvang. Dit is sy enigste verweer teen die onkeerbare gang van die tyd. Hy kyk met ’n skerp kamera-oog na die wêreld én na die digwerk van sy voorgangers. Meermale…
Nuwe Bundel. Danie Marais: Ek en jy bestaan nie
Ek en jy bestaan nie Danie Marais Ek en jy bestaan nie is die langverwagte vierde bundel uit die pen van die bekroonde digter Danie Marais. Soos in sy vorige bundels is dit gedigte wat openhartige, intieme gesprekke met die leser aanknoop – hierdie keer oor die ongemakke van ras en klas. Dis ’n bundel oor die…
Nuwe Bundel. Martina Klopper: Kuborg
Kuborg Martina Klopper Toenemende ontmensliking in ’n kuber-gedomineerde wêreld loop soos ’n elektriese draad deur Martina Klopper se tweede digbundel. In die eerste deel, “Bionies”, word menslike verhoudinge en selfs herinneringe herskik en omgeskakel in meganiese en elektroniese terme. In die tweede deel, “Biologies”, word die moeisame herstel na die menslike verwoord. Kuborg bied ’n…
Nuwe Publikasie. Nathan Trantraal: Die man wattie kinnes vang
Die man wattie kinnes vang Nathan Trantraal In 2021, is Damian De Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel et en hoe die skoolhoof vi hulle gesêrit vanne groot gevaar wat daa byte is. En dat veral boys moet…
Nuwe Bundel. Jaco Barnard-Naudé: om my kastele in Spanje te sloop
om my kastele in Spanje te sloop Jaco Barnard-Naudé Jaco Barnard-Naudé se digdebuut betrek ’n wye verskeidenheid temas: queer identiteit, die blywende natrilling van skilderkuns (veral die Spanjaarde s’n), die trauma van kinderjare, en die verhouding tussen ouers en seun. Deurgaans vloei die digterlike geheue soos ’n leitmotiv deur die verse. Barnard-Naudé neem die leser…
Nuwe bundel: “Bedekte Termen” (Bert Bevers)
Bert Bevers brengt met Bedekte termen geen thematische bundel, maar ‘gewoon’ 366 gedichten: voor wie dat wil voor iedere dag van het jaar (ook wanneer dat een schrikkeljaar is) één. Je mag er natuurlijk ook meer ineens lezen. Van Bert Bevers verschenen bij Uitgeverij Kleinood & Grootzeer bundels als In de buurt van…
Nuwe Bundel. Kobus Lombard: Sandskrif
Sandskrif Kobus Lombard Die Namibiese landskap en mense van die land figureer deurgaans in Kobus Lombard se sesde digbundel. Reeds in die openingsgedig staan die sterflikheid en kortstondigheid van die menslike lewe teenoor die grootse, onveranderlike woestyn, die see en die taai plantegroei. Die digter tree in gesprek met God, met sy aanneem- en pleegouers,…