Liefde en Verset André le Roux André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, verlange en verwondering, met ‘n aweregse blik op die ouderdom. Met bytende humor en selfspot verken hy die Suid-Afrikaanse…
Category: Nuwe Publikasie
Nuwe Bundel. Khalil Gibran, Frederico García Lorca & Yehuda Amichai: Uit die herberg van Alhambra
Uit die herberg van Alhambra Khalil Gibran, Frederico García Lorca & Yehuda Amichai vertaal deur Bester Meyer In Bester Meyer se nuutste antologie van vertalings betrek hy drie van die wêreld se vernaamste digters, te wete die klassieke Khalil Gibran (Libië), die liriese dog revolusionêre Frederico García Lorca (Spanje: Andalusië) en die enigmatiese Hebreeuse digter…
Nuwe Bundel. Kostis Palamas: Die ses woorde van die Sigeuner
Die ses woorde van die Sigeuner Kostis Palamas, vertaal deur Louise Cilliers Hierdie bundel is die eerste Afrikaanse vertaling uit Grieks van ses gedigte van ’n liriese epos van ’n moderne Griekse digter, Kostis Palamas (1859-1943). In hierdie ses gedigte word liriese, epiese, dramatiese en visionêre elemente saam geweef in ’n beskrywing van die wedervaringe…
Nuwe Bundel. Johann de Lange: Miniatuur
Miniatuur Johann de Lange In Miniatuur vind ons ʼn behendige hantering van die kwatryn soos die digter ook in die vorige twee bundels, Weerlig van die ongeloof en Duimnaelsketse, gedoen het. Die gedrongenheid en dissipline maak die kwatryn ʼn uitdaging, en dié digvorm is duidelik ʼn vorm wat dié digter aanstaan. Die 102 kwatryne is…
Nuwe Bundel. Jan Pretorius: Stil gesprek
Stil gesprek Jan Pretorius Stil gesprek is ’n pragtige publikasie wat bestaan uit 24 oorspronklike ekfrastiese gedigte van die bekende opvoedkundige en akademikus Jan Pretorius, wat geskryf is na aanleiding van die internasionaal bekroonde natuurfotograaf Geo Jooste se natuurfoto’s wat in volkleur aan die keersy van die gedigte afgedruk word. Die sirkelmotief van lewe en…
Nuwe Bundel. Christiaan Diedericks en Melanie Grobler: Vlindervreter
Vlindervreter Christiaan Diedericks en Melanie Grobler Vlindervreter (2024) is ’n unieke digbundel deur die bekroonde drukgrafiese kunstenaar Christiaan Diedericks en die gevierde digter Melanie Grobler. Hierdie bundel, wat Diedericks se digdebuut aankondig, spruit uit hulle daaglikse uitruil van gedigte. Aretha du Rand prys die bundel vir sy indringende ondersoek na die menslike kondisie, waarin temas…
Nuwe Bundel. Riku Lätti: Taboek
Taboek Riku Lätti Riku Lätti se poësie-debuut is meer as net nog ’n oulike digbundeltjie in Afrikaans; ek sien dit as ’n monumentale en omvattende deurgronding van alle fasette van die moderne mens se soeke na betekenis en — hier kom die grootste verrassing — selfs ons opvattings oor die teologie. – Koos Kombuis Aangrypende…
Nuwe Bundel. Maletta Fourie: lugspieëling
lugspieëling Maletta Fourie Maletta Fourie is ’n fyn waarnemer – van plante en diere, van haar medemens, haar naastes en haar geliefdes. In haar gedigte verbeeld sy haar interaksie met gebeure, mense en die natuur, maar ook met dit wat in haar eie psige afspeel. Sy bepeins die verlede, die vreugdevolle sowel as hartseer ervarings,…
