David Morley (foto), is ‘n ekoloog wat ‘n grensverskuiwende studie gedoen het oor die impak van suurreën op die Lake District in Engeland. Maar hy is ook ‘n digter. En so is dit enkele dae gelede bekend gemaak dat sy bundel The Invisible Gift: Selected Poems vanjaar se wenner is van die Ted Hughes-prys vir…
Category: Blogs
Nuuswekker. Die sterkste versreëls in die Engelse digkuns?
Nou ja, kyk. Na ‘n onbetaamlike lang sabbatsverlof wat ons webmeester my gegun het, is dit nou weer tyd om ‘n terugkeer te maak. Uiteraard is daar ‘n hele kruiwavol nuusgebeure rondom die digkuns wat die afgelope maande by ons verby gegaan het, maar een waarop Nuuswekker, by wyse van terugkrabbeling, wel wil fokus is…
Wicus Luwes. Twee Skepe en Een Boot
Pilar “Die ou man is ‘n ou man. Die see is die see.” Dit was Ernest Hemingway se woorde toe hy op ‘n keer uitgevra is oor die simboliek agter sy boek, ‘The Old Man and the Sea’. Daar is ‘n handvol karakters in Hemingway se boek, maar die karakters wat my die meeste fassineer,…
Nini Bennett. Die opbloei van vampirisme.
Die afgelope aantal dekades is deur ’n ongekende oplewing in vampierfiksie gekenmerk, en films soos Interview with the vampire (1994), Tarantino se eksperimentele From dusk till dawn (1996) en Twilight (2008) het miljoene mense na teaters gelok en bygedra tot die verromantisering van vampiere. Televisiereekse soos The vampire dairies is gewild, terwyl vampirisme vir ’n…
De Waal Venter. L’apres midi d’un faune sans cellulaire
L’apres midi d’un faune sans cellulaire Dit kan kinders wees, die stemme van kinders êrens tussen die bome. Vlieënde insekte met indrukwekkende name flits deur ligtonnels wat afgebeur het deur die takke. ’n Skaterlag, of is dit angs, woede of pyn? Dit kan kinders wees, ek glo nie dit is voëls wat een van…
Gisela Ullyatt. Ballade van ’n tweedehandse bibliofiel.
Die reuk van tweedehandse boekwinkels is onmiskenbaar: dié van muf en ou sigarette. Sommige word deurdrenk met die giftige geur van motbolle. Uit ander sypel ’n ongedefinieerde, suurderige klankie. Dikwels sit daar ’n triest persoon agter die kasregister. Soos in die winkel-in-‘n-stegie wat ons gedurende ’n kort besoek aan ’n ander stad ontdek het. Ter…
Wicus Luwes. Woordeboek van onbewuste emosies
Die verskillende skakerings van emosie word nie maklik in een woord vasgevang nie. Hoe sou ‘n boorling van die binneland, wat die afgelope paar jaar in die Kaap woon, die emosie beskryf wat hy ervaar as hy aan donderweer dink? Miskien ‘n vorm van verlange? Heimwee? Die spreekwoord wil ons laat glo dat Bolanders bang…
Nini Bennett. ‘n Digterlike disseksie.
Binne die interdissiplinêre studieveld, die rol van die reg in letterkunde, is daar nog relatief min gedoen in Afrikaanse literêre tekste. Grobler (2014:22) verwys in ’n ongepubliseerde MA-verhandeling na ’n artikel van Melodie Slabbert waarin sekere regsaspekte in Marlene Van Niekerk se roman, Agaat belig word, maar noem dat daar nog heelwat braakveld vir…
