Liewe Ma, Die sersant is ‘n slim man. Hy sê dat ‘compound interest’ die agtste wonder van die wêreld is. Hy sê dat Nommer Een se ‘compound’ ook ‘n ‘point of interest’ is, maar dat die wêreld nie juis daaroor wonder nie. Net so sê hy. Die sersant sê ons moet stompies op die sokkerveld…
Category: Blogs
Wicus Luwes. Tamám Shud
Die lyk van ‘n man is op 1 Desember 1948 om 06:45vm op Somerton Strand aan die suide van Australië ontdek. Die lyk was in ‘n netjiese baadjie, das en broek geklee. In sy sakke was ‘n gebruikte buskaartjie, ‘n ongebruikte treinkaartjie van Adelaide na Henley, ‘n smal aluminium kam, ‘n half-vol pakkie Juicy Fruit-kougom,…
Gisela Ullyatt. ‘Ek wil weer jou rooikors breek’: ontworteling in Klankmanwoordboom.
Deel drie van die Meyer van Rensburg-blog het die meganika van klank geëksploreer, deur die klankman/klankmenger/klankoperateur-motief:https://versindaba.co.za/2015/12/13/gisela-ullyatt-wanneer-die-klankman-begin-droom/ Klankmanwoordboom, sy debuutbundel (1983), verweef die wêreld van die klankman, die geskrewe woord, die soeke na die Woord en die boom-motief. Laasgenoemde is uitgestippel aan die hand van die klankboom wat terselfdertyd die Kruis-motief naspeur. Die jukstaposisie van die…
Gisela Ullyatt. Wanneer die Klankman begin droom.
Deel een en twee van die vierluik oor Meyer van Rensburg, wat in 1983 met Klankmanwoordboom debuteer, het op die herbekendstelling van die digter gesentreer: https://versindaba.co.za/2015/09/11/gisela-ullyatt-wat-het-van-meyer-van-rensburg-geword/ https://versindaba.co.za/2015/09/16/gisela-ullyatt-meyer-van-rensburg-foto-album-en-enkele-gedigte-2/ Deel drie poog om die ‘klank’-gedeelte van die bundel van naderby te beskou en vir die leser ’n paar klankingenieursterme te ontsluit. Hierdie terme/beelde word sentrale metafore in…
Wicus Luwes. Feng shelfie
Tydens ‘n onlangse onortodokse oomblik wonder ek watter rol ‘n boekrak speel in die oordra van energie. Die onortodokse oomblik het my teruggeneem na ‘n keer toe ek die plaaslike dominee help trek het en oorweldig gestaan het deur die boekrakke wat tot by die pastorie se plafon gestrek het. Ek moes my nek buig…
Gisela Ullyatt. Stuur groete aan die reën.
’n Gros woorde sou 2015 kon beskryf: #rhodesmustfall#; #feesmustfall# en ander dergelike hutstekens (of liewer onthuts-tekens?). Terreur, Parys, verset, twis, tweespalt. Afrikaans. Kolonisering, de-kolonisering, neo-liberalisme, Marxisme(s). Steve Hofmeyr wat country sing. Nathan Trantraal wat op Halloween die Ingrid Jonker-prys wen. Wit patriargie. Swart patriargie. Open Stellenbosch. Kovsies #Steynmustfall#; NWU #Totiusmustfall#. Oscar Pistorius en die ANC-vroueliga….
Marlies Taljard: “Elke engel is skrikwekkend”
Wie, as ek skreeu, sou my dan hoor vanuit die engelekore? En sê nou maar een van hulle druk my skielik vas teen sy hart: ek sou vergaan weens sy sterker teenwoordigheid. Want die skone is niks anders nie as die begin van die verskrikking wat ons nog nét kan verduur, en ons bewonder dit…
Nini Bennett. Openbare vervoer as teater van sosiale protes.
In 2012 word ek genader om ’n kort boekoorsig oor Imraan Coovadia se roman, The Institute for Taxi Poetry vir ’n vrouetydskrif te doen. Die verhaal handel oor fiktiewe taxi-digters in Kaapstad, en hoe die pendelaars sin probeer maak uit hulle alledaagse bestaan deur die skryf van poësie: die werkersklas se lief en leef en…
