Blog een, https://versindaba.co.za/2015/09/11/gisela-ullyatt-wat-het-van-meyer-van-rensburg-geword/ het Meyer van Rensburg, digter van die debuutbundel, Klankmanwoordboom, aan die leser herbekendgestel. Blog twee integreer foto’s uit Meyer se jeug, klankman-dae en van sy lewe in Engeland, waar hy sedert 2004 saam met sy vrou, Lorraine, woon. Enkele gedigte vergesel sommige van die foto’s. PA (1983:29) By jou lees het ek…
Category: Blogs
Wicus Luwes. Bysake, bywoorde en bygelowe
“Like a bee you fill hundreds of homes with honey, though yours is a long flight from here.” – Rumi Ek het as kind op ‘n dooie by getrap. Die angel het in my voet bly sit terwyl ek aan al die rate vir die bysteek probeer dink het: ys, botter en ‘n mes wat…
Gisela Ullyatt. Wat het van Meyer van Rensburg geword?
’n Paar weke gelede ontvang ek ’n besonderse retro-geskenk in die pos van my dig-mentor: ’n kopie van die 1983-debuutbundel, Klankmanwoordboom, deur Meyer van Rensburg. Jare gelede het ek reeds na hierdie bundel begin soek, maar hierdie soeker kon niks vind nie: tóé jare reeds uit druk. Ook werp ’n soektog op die internet oor…
Nini Bennett. Biomimese in “Karnaval en Lent”
En dan het daar ‘n derde ding by my opgedaag: Ons, die mens, het niks uitgevind nie, ons ontdek alleen wat van vóór die Oerknal af bestaan. Ons BMW of selfoon is geheel en al gemaak van alles wat reeds bestaan van lank voor die mens daar was. Alles is gemaak millennias voor ons daar was. Die…
Marlies Taljard. DIE SPOOKSKRYWER: “Getting the words right”?
In 1998 verskyn Althéa Kotze se MA-verhandeling “Die teksversorger as spookskrywer”. Sy definieer die begrippe “teksversorging” en “teksversorger” soos volg: In sy geheel gesien blyk dit dat teksversorging ‘n komplekse en uiteenlopende taak behels en dat die teksversorger nie net oor grondige teoretiese sowel as praktiese taal-en tipografiese kennis en kundigheid moet beskik nie, maar…
Wicus Luwes. Toe duiwe nog duiwe was
Doves The sprinkler is on doves lie on the lawn, their wings arched to catch the rain. deur Charl JF Cilliers uit Karoo (Haiku Variations) Die Kareeduif Die geluid van duiwe in Kareebome neem my gedagtes altyd na my kinderjare. Die herinnering bly egter nooit slegs by geluide nie en word n kombinasie van sintuie….
Nini Bennett. Hannah Senesh
Hannah Senesh in uniform . Hannah Senesh as digter en dagboekskrywer: ’n elegiese beskouing 1 Die digter, skrywer en soldaat, Hannah Senesh, het ’n simbool van hoop en selfloosheid vir die mensdom geword. Senesh is op 17 Julie 1921 gebore in Boedapest. Reeds…
Wicus Luwes. Boetie in Zoeloeland
Daar moet ‘n rivier in wees. In die Apocalypse Now-fliek was dit die Nungrivier. In die Heart of Darkness-novelle was dit die Kongorivier. Hier by ons kan dit miskien die Apiesrivier wees, maar hierdie storie gaan nie oor Winston Churchill nie. Daar is natuurlik die Oranje-, Vaal en Limpoporivier om van te kies, maar terwyl…
