Nul as kuns Zero is silence. Zero is the beginning. Zero is round. Zero spins. Zero is the moon. The sun is Zero. Zero is white. The desert Zero. The sky above Zero. The night. – ‘n uittreksel uit ‘n gedig deur Heinz Mack, Otto Piene en Gunther Uecker Werke deur Jan Schoonhoven van die…
Category: Blogs
Marlies Taljard: Fragmentering en rekonstruksie
Wanneer die bejaarde monnik Adso van Melk aan die einde van The name of the rose ʼn tweede besoek bring aan die klooster wat hy as jongeling saam met William van Ockham besoek het, soek hy in vertwyfeling tussen die ruïnes van die mure na iets van dit wat hy gehoop het om te…
Wicus Luwes. ‘n Walvis in die Ketelkelder
As kind het jy ‘n boomhuis of ‘n ‘den’. Ek is nie seker wat die volwasse ekwivalent is nie, maar ek voel of ek onlangs in ‘n ander soort boomhuis was. Eintlik is dit ‘n soort ondergrondse boomhuis. Ek het NALN, die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, in Bloemfontein besoek en het ‘n punt…
Nini Bennett. Noudat almal digters is.
’n Nag in die lewe van Desireé Bell. * Ek is verstrik in ’n verhaal wat my nie aan die woord wil laat kom nie, in ’n heillose en siellose aangeleentheid, omdat die betrokkenes swyg, ook wanneer hulle met mekaar praat. Na nog ’n nag van slapeloosheid wat soos ’n emosionele rooftog voel, staan sy…
Wicus Luwes. Alles sal regkom
Twee lemoenbome begroet jou in die binnehof van die museum. Die bome is ‘n klein entjie meer as ‘n honderd jaar oud, maar dit is opvallend dat dit steeds sy vrug(te) getrou dra. Daar is ‘n paar dooie takke tussen die vrugbares, maar dit is seker te verstane vir so ‘n ou boom. ‘n Brosjure…
Wicus Luwes. Rubber
Jy knoop ‘n lint om jou vinger, sodat jy ‘n afspraak kan onthou. Jy leer jou kinders hoe om hul skoenveters of dasse te knoop. Metaforiese knope is seker ‘n bietjie moeiliker om te knoop, maar ons doen dit eintlik daagliks. Ek het ‘n stelling raakgelees wat beweer dat die lied wat jy uit jou…
Marlies Taljard: Ons is die mitemakers
Wanneer literêre tekste ter sprake is, impliseer die term mitologisering onder andere die interpretasie en weergawe van ʼn bepaalde wêreldbeeld. Veral in poëtiese tekste waarin oor die aard van die skryfhandeling besin word (Ars Poëtica) hang die mitologisering van gebeure dikwels saam met die verwysing na die oorsprong van die woord, wat ook die Woord…
Marlies Taljard: In die begin was die woord ʼn naam wat uit sy nate bars
Hierdie blog is deel van ʼn reeks rondom die Ars Poetica’s van digters wat onlangs gepubliseer het. In hierdie en die volgende paar blogs bespreek ek eers temas wat dikwels in Ars Poetica-gedigte voorkom. Daarna sal ek gedigte bespreek van afsonderlike digters,…
