In haar dertigjarige leeftyd het Sylvia Plath (foto), wat op 11 Februarie 1963 gesterf het, net twee van haar eie publikasies onder oë gehad, te wete The Colossus and Other Poems in 1960 en haar roman The Bell Jar kort voor haar dood. Ten spyte van die skrale aanloop is sy teenswoordig nie net…
Category: Blogs
Louis Esterhuizen. Japan se vernaamste anti-digter
Shuntaro Tanikawa (foto) is inderdaad ‘n Japannese digter met andersoortige petrol in sy tenk; vandaar dat Poetry International Web onlangs nog vir die tweede keer dié digter onder oog geneem het. In haar essay “The Poetry of the Anti-Poetic” skryf Yasuhiro Yotsumoto insiggewend oor Tanikawa as Japan se vernaamste anti-digter. Vir die doel van haar…
Louis Esterhuizen. Donald Hall oor die akklamasie van poësievoorlesings
Nou kyk, een van die snaakste stukke die afgelope klompie maande is beslis Donald Hall se artikel in The New Yorker oor poësievoorlesings en die adorasies wat so dikwels daarmee verband hou. Reeds met die inleidingsparagraaf weet jy: hier kom ‘n aweregse kyk soos min: “April is Poetry Month, the Academy of American Poets…
Louis Esterhuizen. Kortlys vir VSB Poëzieprys 2013 is bekend gemaak
Die VSB Poëzieprys is nie net een van die mees gesogte pryse in die Nederlandse digkuns nie, maar beslis ook van die met die meeste aansien. Dié prys, wat in 1993 deur die VSB Fonds onder die inisiatief van Huub Oosterhuis tot stand gebring is, beloop tans € 25,000, plus ‘n beeldjie deur Maria…
Louis Esterhuizen. John Kinsella oor Melbourne as die kragpunt van wêreldpoësie
Via ‘n skakel by die Poetry Foundation beland ek op The Sydney Morning Herald se webblad waar die bekende digter, John Kinsella, ‘n nogal oortuigende saak uit te make het oor Melbourne as die ‘epicentre of world poetry’. Eers wou ek sinies glimlag, maar toe ek begin lees, raak ek al hoe meer onder die indruk van…
Louis Esterhuizen. Die drywende stoel as inspirasie tot ‘n gedig
Nou ja, kyk. Wat sal die digter wees sonder sy of haar stoel? Dit is waarskynlik presies dié gedagte wat aanleiding gegee het tot een van die vreemdste poësie-inisiatiewe die afgelope tyd. Volgens die berig by The Telegraph is dié projek deur Tiffany Murray as deel van die Telegraph Hay Festival geïnisieer. ‘n Groep…
Louis Esterhuizen. Ramsey Nasr beoog projek om gedigte te verfilm
Volgens ‘n berig op Poetry International beoog Ramsey Nasr (foto), die huidige Dichter des Vaderland in Nederland, ‘n besonderse projek om die klassieke digkuns onder veral die jonger lesers te populariseer. Hy wil naamlik 20 verse uit die Nederlandse poësie-skatkis opdiep en verfilm; met die hoop dat dié films veral vir gebruik in skole…
Louis Esterhuizen. J. Bernlef eergister oorlede
Sjoe. Die Nederlandse digkuns beleef omtrent ‘n hartseerjaar … In Julie was dit Gerrit Komrij en Rutger Kopland wat kort na mekaar gesterf het, en nou is J. Bernlef (foto), nog een van hul heel grootste digters, wat eergister oorlede is. Op Antheneum Boekhandel se webtuiste is daar ‘n huldeblyk geplaas deur Bernlef se…
