Daniel Hugo se nuwe bundel, Hanekraai, open met die sonnet Kantekleer: as ek in die nag wakker lê voel dit of die tyd gaan staan my hart is ‘n gravitasiekolk waarin die laaste vonk verslaan eeue later kraai die haan wat kant en klaar verkondig: die môrester flonker êrens in hierdie verdomde donker …
Category: Blogs
Louis Esterhuizen. Wenner van “Sexiest Poem Award” aangewys
Volgens die berig op die Poetry Foundation se webblad is die wenner van vanjaar se Sexiest Poem Award pas bekend gemaak. Hierdie gesogte toekenning, wat deur CAConrad georganiseer word, word soos volg op hul webblad beskryf: ““The Sexiest Poem Award is given annually to a finely crafted poem demonstrating a fearlessness which confronts injustice….
Louis Esterhuizen. Chinese digter 12 jaar tronkstraf opgelê
Die Chinese regering is allerweeë bekend vir hul vergryp aan menseregte. En ten spyte van die konstante beriggewings oor dié vergrype, staan die waghonde van internasionale fatsoenlikheid magteloos om iets hieromtrent te doen. In die die nuutste voorbeeld hiervan het The Guardian verlede week berig dat nóg ‘n Chinese digter, Li Bifeng (foto), wat…
Louis Esterhuizen. Nederland op soek na hul volgende Vaderlandsdigter
In Nederland het hulle nou reeds weer begin met die benoeming van hul volgende Dichter des Vaderlands wat op 31 Januarie 2013 tydens die Gedichtendag-vieringe ingehuldig sal word. Dit sal die vierde Vaderlandsdigter wees. Met die nuwe aanwysing word daar egter drasties afgewyk van die proses wat aan Ramsey Nasr dié gesogte benoeming sedert 2009…
Louis Esterhuizen. Poging om stadsplein in Antwerpen na Herman de Coninck te vernoem
Onder die inisiatief van die kultuurorganisasie Behoud de Begeerte is daar in Antwerpen begin met vertoë om die bekende Pieter de Coninckplein (foto), wat in die volksmond bekend staan as ‘t Koningspleintje, te hernoem na die Herman de Coninckplein ter verering van die ontslape digter. Volgens die letterkundige, Kevin Absillis, se omvattende kommentaar op De…
Louis Esterhuizen. Waarom is die tweede hekkie altyd hoër?
Op die Los Angeles Review of Books se webtuiste het Lisa Russ Spaar onlangs ‘n fassinerende stuk geplaas oor die belangrikheid van die tweede digbundel. Sy begin haar relaas met verwysing na David Wojahn, eggenoot van die ontslape digter Lynda Hull, se opmerking dat om ‘n digbundel in die VSA te publiseer gelykstaande is daaraan…
Louis Esterhuizen. En gestel John Keats was verkeerd?
Beauty is truth, truth beauty, – that is all Ye know on earth, and all ye need to know. John Keats, Ode on a Grecian Urn En gestel John Keats (foto) was verkeerd met hierdie formulering? Dít is die interessante vraag wat David Orrell, bekende wiskundige en wetenskapskrywer, stel op sy gereelde Huffington Post–blog. Volgens…
Louis Esterhuizen. Die oupagrootjie van alle uitverkopings
Kyk, dit is darem nou nie té gereeld dat ek my betrokkenheid by Versindaba met die oog op reklame misbruik nie, maar vandag kan ek nie anders nie. Verlede maand het Protea Boekhuis hul twintigste bestaansjaar gevier. En om dié vreugde verder uit te rek, is daar besluit om bepaalde titels – waaronder etlike…
