Einde verlede maand het die poëzietydskrif Awater met hul nuutste uitgawe bekend gemaak dat die gewilde digter, Menno Wigman, aangewys is as wenner van die Awater Poëzieprys 2012 vir sy bundel Mijn naam is Legioen; ’n bundel wat eweneens vir die VSB Poëzieporys genomineer is. Luidens die berig by Ooteoote, die volgende: “De Awater…
Category: Blogs
Louis Esterhuizen. Robert Polito nuwe president van Poetry Foundation
Die Poetry Foundation in die VSA het onlangs bekend gemaak dat die stigting se keurpaneel eenparig ten gunste van die nuwe president, Robert Polito (foto), se aanstelling as president gestem het. Die volg na die teenswoordige president, John Barr, sy uitrede aan die begin van verlede aangekondig het. Volgens die persverklaring sal Polito die leisels…
Louis Esterhuizen. Is die digkuns gestorwe?
Vroeër het ek berig oor die digter Richard Blanco se geleentheidsvers wat hy tydens president Obama se inhuldiging moes voordra. Dié optrede was blykbaar so vervelig en bloedloos dat bykans die ganse Amerikaanse media nou in oproer is. So het Alexandra Petri op Washington Post se webblad ‘n ellelange betoog gelewer waarin sy onomwonde…
Louis Esterhuizen. Die kwessie van afstand en intimiteit in die gedig
Die kwessie van persona en outobiografiese inhoud van ‘n gedig was nog altyd ‘n problematiese gedoente; daarom dat ‘n essay deur Stephanie Sandler, wat op Jacket 2 se webblad gelees kan word, my aandag getrek het. Soos die titel sê, handel “On Elena Fanailova’s ‘Lena and Lena’” oor die Russiese digter, Elena Fanailova (foto), se…
Louis Esterhuizen. Robert Frost as geleentheidsdigter
Vroeër vandeesmaand het ek geskryf oor die digter Richard Blanco wat die inwydingsgedig vir president Obama se inhuldigingsseremonie verlede week moes geskryf het. Dié tradisie van ‘n poëtiese inset tydens die inhuldiging dateer terug na Januarie 1961 toe John F. Kennedy vir Robert Frost gevra het om sy beroemde vers, “The Gift Outright” (‘n…
Louis Esterhuizen. Wenners van die Herman de Coninckpryse bekend gemaak
Groot opgewondenheid heers in Vlaandere nadat die Poëziecentrum in Gent vroeër vandag die wenners van vanjaar se Herman de Coninckprys vir poësie bekend gemaak het. Hiervolgens wen Annemarie Estor die prys vir die beste bundel van verlede jaar met haar bundel getiteld De oksels van de bok. Michaël Vandebril verower die debuutprys met Het vertrek…
Louis Esterhuizen. Toenemende narsisme en die kultus van middelmatigheid
Via Donald Dunbar se blog beland ek by Fox News waar ‘n besonder interessante artikel deur die bekende psigiater, Keith Ablow (foto) gelees kan word; ‘n artikel wat myns insiens nogal heelwat van die besorgde vrae en bekommernisse oor veral die “jonger” generasie wat van tyd tot tyd hier op die webblad geopper word,…
Louis Esterhuizen. Noord-Ierland se belowende jong digters
Die afgelope twee dekades word die Ierse digkuns wêreldwyd gereken as een van die meer dinamiese en opwindenste digkunste ter wêreld. En met name digters soos Patrick Kavanagh, Louis MacNeice, Seán Ó Ríordáin, Thomas Kinsella, John Montague, Seamus Heaney, Derek Mahon, Eavan Boland, Ciaran Carson, Tom Paulin, Medbh McGuckian, Paul Muldoon en Dennis O’ Driscoll…
