Gewis is dit altyd ‘n voorreg om te kan berig oor plaaslike digters wat internasionaal presteer. En so is dit vanoggend met die nuus dat Charl-Pierre Naudé (foto) as eregas genooi is na die tweejaarlikse Maastricht International Poetry Nights (MIPN) wat vanjaar van 25 tot 27 Oktober in Maastricht aangebied word; ‘n fees wat reeds met…
Category: Blogs
Louis Esterhuizen. Die impak wat ‘n goeie gedig kan maak
(Foto-erkenning: Denzil Maregele) Murray La Vita is loshande een van my gunsteling onderhoudvoers. In hoofsaak omrede hy myns insiens uitmuntend daarin slaag om die stem en persoonlikheid van die betrokke persoon met wie hy gesels na vore te bring; soos dit nou weer die geval was met die onderhoud wat hy met Pieter Odendaal (foto)…
Louis Esterhuizen. ‘n Kuberkamer vir vrot gedigte
Vir dekades al wonder die mens waarheen kouse wat verlore raak, eintlik gaan. Net so kan ‘n mens sekerlik die vraag vra na waar vrot verse heen verdwyn. Wel, via ‘n skakel wat Marlene Malan enkele dae gelede op haar FaceBook-profiel geplaas het, het ek die antwoord gevind: die heimat van vrot gedigte is naamlik…
Andries Bezuidenhout. Decline of the American Empire
Koeëls, ʼn knal – soos die naam Gavrilo Princip – kondig keerpunte soms aan en beland só in geskiedenisskribas se annale. Meestal kom dit egter ongesiens – ʼn skarnierwerwelstadspoort wat langsaam toeswaai, op grendel knip tot een oggend as vlugtelinge besef dis te laat. Voormalige imperiale pleine is met beide vertroud – die eensklapse…
Louis Esterhuizen. Charles Simic oor die poësie en die geldwaarde daarvan
Charles Simic (foto), voormalige poet laureate van die VSA, is en bly ‘n uiters belangrike kommentator wanneer dit by die digkuns kom. So het hy onlangs weer ‘n ietwat tong-in-die-kies-essay oor die gewaande geldwaarde van die digkuns gepubliseer in die New York Review of Books; ‘n essay wat hy inlei met die volgende sardoniese uitspraak…
Louis Esterhuizen. Die skaam woede van ‘n vroeëre maaksel
Bykans alle digters ken daardie gevoel: die louwarm gloed van verleentheid wanneer jy na jou vroegste skryfsels kyk en besef hoe lomp jy met jou skryfwerk omgegaan het; die drif was dalk daar, saam met die ‘fantastiese’ idee, maar helaas, die tegniek om gestalte te gee aan dié idee het toentertyd nog ontbreek … Presies…
Desmond Painter. Hoekom blaf die honde by die hekke van paradise?
Breyten Breytenbach blaf, soos ons weet, meestal van buite, maar verlede naweek het hy by die M&G Literary Festival in Johannesburg opgetree. Ek weet nie of hy geblaf, geknor of getjank het nie — al drie hierdie reaksies sou sin gemaak het in hierdie woordlustige, moordlustige, trigger happy land. Ek weet wel hy het sy gedig ‘This is…
Louis Esterhuizen. Sir John Betjeman se woelinge onthul in liefdesbriewe
Sir John Betjeman was sekerlik een van Brittanje se mees geliefde poet laureates ooit en as sulks ook ‘n uiters geliefde televisie-persoonlikheid. Hy is in Augustus 1906 gebore en in 1969 tot ridder geslaan en in 1972 tot poet laureate verkies. Op 19 Mei 1984 is hy oorlede. Onlangs het die Daily Mail egter berig dat…
