Hoe gemaak wanneer jy die wenner is van die 2012 Fence Modern Poetry Series en jou boek verskyn en niemand steur hulle hoegenaamd aan dié grootse gebeurtenis nie? Wel, jy begin om jou boek op alle moontlike forums aan te prys; sommer onder jou eie naam, bygesê. En dit is presies die veldtog wat…
Category: Blogs
Marlies Taljard. Pythagoras en die Ongeskape Lig
Jacobus van der Riet se bundel Die Onsienlike Son (2012) is om verskeie redes besonders. Benewens die kleurvolle ikoon van die Heilige Gregorius die Teoloog op die buiteplat van die bundel, is daar ook nog 12 afbeeldings van ikone binne-in die bundel, spesiaal gemaak deur Julia Bridget Hayes. Ook die aard van die bundel…
Louis Esterhuizen. Die slagyster van geleentheidsverse
Volgens ‘n berig op die Washington Post se webblad is dit verlede week bekend gemaak dat Richard Blanco (foto) deur president Obama se kantoor aangewys is as die digter wat die inwydingsgedig tydens sy inhuldiging op 21 Januarie moet lewer. Hiermee sluit die Kubaansgebore Blanco aan by vername voorgangers soos Maya Angelo en Robert Frost. Volgens die Washington Post se beriggewer…
Louis Esterhuizen. ‘n Antagonistiese kyk na ouer digters
Met hul nuutste uitgawe het Poetry, die Amerikaanse Poetry Foundation se poësietydskrif, met ‘n besonderse projek na vore gekom. Hulle het naamlik ‘n aantal digters genader met die volgende opdrag: “Write short pieces about some ostensibly great poet you had never really liked, perhaps even hated.” Dié bydraes is nou gepubliseer as Antagonisms en die…
Marlies Taljard. Kook boontjiesop
Ons beleef tans weer ‘n reeks gewelddadige stakings met gepaardgaande lewensverlies, verlies aan sekuriteit en infrastruktuur. ‘n Mens wonder dikwels wat gaan word? Hoe gebeur so-iets? Wat is die dieperliggende gevolge van sulke aksies? Antjie Krog se gedig “maak sop” uit die bundel Kleur kom nooit alleen nie suggereer iéts van die impak van geweld…
Louis Esterhuizen. Waatlemoentyd!
Na ja, die jaar sit nou omtrent luilekker met sy rug teen die boom. En watter wonderlike jaar was dit nie vir die Afrikaanse digkuns gewees nie! Nie net het ons vernaamste digters belangrike toevoegings tot hul oeuvres gemaak nie, maar daar het ook sommer ‘n hele aantal debutante na vore gekom. (‘n Mens kan…
Louis Esterhuizen. Katarse digter lewenslank tronk toe oor gedig
Nou ja, kyk. Soveel maniere is daar wat die noodlot jou kan verbrysel … Jy is ‘n relatief onbekende digter in ‘n kleinerige Arabiese staat; te midde van wat as die “Arabiese lente” bekend staan. In ‘n opwelling van vreugde jeens die groter gemaklikheid ten opsigte van vryheid van spraak skryf jy ‘n satiriese vers…
Louis Esterhuizen. Caballero Bonald met vernaamste Spaanse letterkundeprys vereer
Die Cervantesprys vir Letterkunde (in Spaans: Premio de Literatura en Lengua Castellana Miguel de Cervantes) is loshande die mees gesogte prys wat aan ‘n Spaanse skrywer toegeken kan word. Dié prys is reeds in 1975 deur die destydse Spaanse Minister vir Kultuursake ingestel en bekroon die totale oeuvre van ‘n bepaalde skrywer: “It is…
