Hans Tentije is ‘n begaafde digter uit wie se pen daar reeds nege digbundels verskyn het. Maar hy is ook die skrywer van jeugromans en etlike literêre essays. En dan blyk dit nou ook dat hy hom as vertaler kan onderskei. So het Raster as deel van die program waarvolgens hulle bepaalde bydraes tot vorige…
Category: Blogs
Pieter Odendaal. Die virale verdwyning van ‘n gedig
Na aanleiding van Louis Esterhuizen se blog oor die verhouding tussen poësie en die wetenskap, het ek via ’n hele klomp links op die pragtige gedig “A I D /I/ S A P P E A R A N C E” van Joan Retallack afgekom. Die digter is bekend vir haar eksperimentele poësie wat beide…
Marlies Taljard: Hefaistos en die gelag van die gode (T.T. Cloete)
Hefaistos Ek het ‘n ruk gelede geskryf oor T.T. Cloete se gedig Achilles se skild waarin Hefaistos die skild van Achilles in sy werkswinkel maak. Hefaistos is ‘n baie interessante figuur in die Griekse mitologie. Volgens verskillende mites word verskillende verhaallyne met hom verbind. Volgens Hesiod se Teogonie was Hefaistos ‘n premature, maagdelike geboorte…
Louis Esterhuizen. Britse eierdans rondom uitgeweke Chinese skrywers
Die huidige Chinese regering se vergryp aan menseregte is welbekend. So ook die Weste se slaphandigheid om standpunt teen dié ekonomiese reus in te neem. Nou blyk dit dat die Londense Boekebeurs (LBF) hulle ook by hierdie verleentheid aangesluit het deurdat hulle die beurs vanjaar op die boekebedryf in China fokus, dog geen van die skrywers wat krities…
Louis Esterhuizen. Om trauma poëties te verwoord
Lawrence Joseph (foto) is ‘n minder bekende, dog fassinerende Amerikaanse digter wat bekend is vir die besonderse integriteit waarmee hy veral traumatiese gebeure in sy verse hanteer. Daarom dat ‘n artikel by Jacket2 deur John Lowney oor Joseph se mees onlangse bundel, Into it, my aandag getrek het. By wyse van inleiding maak Lowney…
Louis Esterhuizen. Poetry International Web in die spervuur …
Ter ondersteuning van Rotterdam se jaarlikse poësiefees is die webtuiste Poetry International Web tien jaar gelede tot stand gebring met finansiering deur die Rijksoverheid, die Stad Rotterdam en die Europese Unie. Volgens Bart FM Droog se weeklikse rubriek op De Contrabas bereken hy die bedrag wat sedert 2002 aan PIW uitbetaal is, enigiets tussen…
Louis Esterhuizen. Wetenskap en die digkuns
Aangesien heelwat bydraers en besoekers van hierdie webblad graag met ‘n wetenskaplike bril na dinge kyk, wil ek ‘n interessante reeks artikels oor die verwantskap tussen wetenskap en die digkuns wat onlangs deur Gilbert Adair op Jacket 2 geplaas is, onder hul aandag bring. Volgens Adair se inleiding het hy ‘n aantal standaardvrae aan elf digters…
Andries Bezuidenhout. Die dakke van Dealesville
In sy bundel Soom (2012, Griffel) verwys Hennie van Coller so sylangs na Dealesville: In die Vrystaat is water min, die fontein lank reeds weg; ons lot word net deur die son besleg en whisky word ook g’nnie verdunnie. Van winde kry ons hier genoeg, veral sirokko’s uit die verre weste wat Dealesville bring en…
