Gaan vanoggend laat gaan ek jou, verlos van my pyn en berou. gaan sing jou eie lied sonder my vals stem van verdriet © Emmie Bedeker, 2026
Emmie Bedeker. chemo
chemo jou kop is donsig soos dié van ’n jong duifie en ek wonder hoeveel ververings nog voor jy migreer © Emmie Bedeker, 2026
Emmie Bedeker. blydenis
(geinspireer deur gedig van Antjie Krog) bly by my wanneer dit reën sodat die treurigheid klein word blydenis wees by my met hande en oë wanneer my lyf oud word wanneer die aarde kreun onder geweld en mishandeling en ek bang word vertoef nog ’n wyle met jou vetplantjies…
Ronel de Goede. Kremetartboom
Kremetartboom Adansonia digitata 8 Januarie 2026 die laaste kremetart in Kinshasa se dae is blykbaar getel al is dit nog maar ’n skamele eeu of wat oud die siel van die stad geplant as gedenkteken nadat Stanley vanaf 1881 ’n handelspos gestig het om gebied en mag te verseker ’n veerboothawe…
Miel Vanstreels. Mont Ventoux Baiku’s 3
Mont Ventoux Baiku’s 3 In de verte lê die Reus van Provence – vreesaanjaend mooi … Laat april – somer en die God van de wind is in ‘n goeie bui … Tussen papawer en amandelbloeisel – troos vir wat voorlê … Saam op – ek hoop my stadigheid put my seun niet…
Wat lees jy? “Maanschijnbaai 2: Nan en Jeannie” (Chanette Paul)
Maanschijnbaai 2: Jo en Sue deur Chanette Paul, LAPA, 2026 Hierdie is die tweede boek in die Maanschijnbaai-reeks. Waar die eerste boek in die reeks die lig laat skyn op die susters Sue en Jo, val die fokus hier op die ander twee Calitz-susters, naamlik Nan en haar kleindogter Jeannie. Sue en Jo…
Rosa Keet. Amphibia
Amphibia (Vir Jaco) die nag roer sag die maan maak ’n kraak — iets in die donker wil wakker praat ek is dubbel, heel en skeef, ek leef, ek sterf, ek leef ‘n skeur in tyd gevang tussen asem en stroom klak klak in die riete tussen water en droom ©…
Krige Visser. tanuki
tanuki die blitstrein van Tokio snel Osaka binne uit ‘n hoogte die strate en stege flits in rolprentrame by jou verby in die stad van kibbelend bie moet jy jou duur wyn goedkoop smee of jou liefs gelate aan die kos oorgee in die Kuromon-mark die wasbeerhond uit ‘n donker hoek van…
