Ná Kersfees Blink geskenkpapier opgefrommel tussen gewone rommel. Oorskietkos lankal opgeëet en blye samesyn reeds vergeet. Kersboom oppak en bêre is ʼn verdrietige affêre. © Andrea Sieberhagen, 2026
Tag: Andrea Sieberhagen gedig
Andrea Sieberhagen. Kersfeeslied
Kersfeeslied 24 Desember 2025 O die slegte tyding, o die hartseer tyding, diep sny dit in Kersfeestyd. Ons voel vandag verlore sonder engelekore. Kom hierheen bedroefdes. Kom sonder vrolikheid. Kom hierheen geliefdes. Kom sonder vreugde. Kom nou. Kom rou. Ons moet die Kersfeesliggies doof. Skakel af die stoof. Los die…
Andrea Sieberhagen. Vriendskap ten spyte van…
Vriendskap ten spyte van… Nog een vir Carina ʼn Paar jaar later, in Desembermaand, besoek ek jou. Demensie het jou gevat en sy eie pad met jou gestap. ʼn Vierde of vyfde myl agteruitgegaan, maar toe jy my groet noem jy my naam. Jou woorde en sinne vloei deurmekaar, maar ons harte praat…
Andrea Sieberhagen. Een helder ster
Desembergedig Een helder ster Ek onthou besige winkelsentrums met reuse kersbome, helder liggies, en kersfeesklokkies. Ek onthou Jingle Bells en Mary’s boy child, winkel in en winkel uit. Lankal terug se beelde en klanke bly, maar die blink in kinderoë se kyk gaan met tyd verby. Ek smag nou…
Andrea Sieberhagen. Langpad
Langpad As ek die langpad myne maak en ʼn rugsak pak met net dit wat nodig is, as ek mismoedigheid en haastigheid agterlaat sal ek lig kan reis en met elke tree wat ek loop nuwe vryheid koop. As ek die wye wêreld my tuiste maak en bome en berge my geselskap…
Andrea Sieberhagen. Wildtuin
Wildtuin Die gemsbok draai sy kop as die 4×4-voertuig stop. Leeus lê laag en baie stil om die paparazzi te fop. © Andrea Sieberhagen, 2025
Andrea Sieberhagen. Ontsnapping
Ontsnapping As jy in die kampvuur se vlamme kyk en wéét hoe die jakkals lyk wat in die verte skreeu, as jy soos die uile vra hoe, hoe, hóé en dan jou antwoord onder die sterre kry, besef jy dat jy ontsnap omdat jy ompad, grondpad ry. © Andrea Sieberhagen, 2025
Andrea Sieberhagen. Harlekyn
Harlekyn Carl Buchner se Portrait of a clown Sy spierwit gesig hou emosies dig. Binnesterf effektief toegeverf. © Andrea Sieberhagen, 2025
