Harlekyn Carl Buchner se Portrait of a clown Sy spierwit gesig hou emosies dig. Binnesterf effektief toegeverf. © Andrea Sieberhagen, 2025
Tag: Andrea Sieberhagen gedig
Andrea Sieberhagen. Bekers vol soetwyn
Bekers vol soetwyn Mariëtte van Velden se Innie skylte vannie Jirre: Spreuke 21:17 Sondagsonlig kwyn. Tenger kopdoekvrou sonder naam staan in die deurkosyn geraam. Haar hande wroeg en wring oor die ding wat onvrede bring. Haar oë verwyt. Te veel tyd. Te min werk. Die lande bly droog soos die kerk se…
Andrea Sieberhagen. Twee mossies vir ‘n sent
Twee mossies vir ʼn sent ʼn Doodgewone adres word ʼn veilige nes. Skuilplek verleen teen stormwind en gietende reën. Ouerlike vlerke en omgee sonder perke hou ʼn voëlkuiken sorgsaam toegevou. Een somersdag word vlerke stilweg wyer uitgesprei om nóg een kuiken by te kry! Twee mossies vir ʼn sent ……
Andrea Sieberhagen. Groter Teenwoordigheid
Groter Teenwoordigheid Twee word een. ‘n Aftreksom wat verstom met ‘n eindtotaal van drie. Godgegewe nuwe lewe. Epifanie! Stille teenwoordigheid. Ontluikende broosheid. Hoor reeds die dowwe hartklop saggies fladder. Voetjies sal eers later skop. Getuienis van ‘n groter Teenwoordigheid wat aan jou deur kom klop. © Andrea Sieberhagen, 2025
Andrea Sieberhagen. Vuur en vlam
Vuur en Vlam Huisgenoot, 26 Desmenber 2024 Die duiwel het weer sy pyp langs van Hunks laat val en te laat, vervaard daarna gegryp. Die vonkspiraal in die wind bly rampspoedig draal terwyl vuur en vlam digte fynbos vind. Grys rookwolke bondel lukraak saam in die lug. Helikopters beplan akkuraat elke…
Andrea Sieberhagen. Wat gaan aan in Pretoria?
Wat gaan aan in Pretoria? Huisgenoot, 26 September 2024 Ek skryf ‘n somervers om te onthou. My pen se ink is ligte pers soos Jakarandabome in Oktober langs Pretoria se strate geplavei met studentedrome. Ek onthou vroegoggend sonskyn, cumuluswolke wat laatmiddag bou terwyl daglig kwyn, swaar reëndruppels op ‘n koshuisdak, weerligstrale en…
Andrea Sieberhagen. Tuin
Tuin “I wandered lonely as a cloud.” – William Wordsworth Laatmiddag stap ek in my tuin. Kaalvoet, oor die koelste groenste gras. Alleen. Windstil na die reën. Mymer oor dit wat is en dit wat gister was. In die laaste strale van die son raak blomme en bome se buitelyne sag…
Andrea Sieberhagen. ‘n Ligter weergawe
‘n Ligter weergawe (Vir Breyten Breytenbach) Het jy gegaan na ‘n skemerkoel binnevertrek vir jou laaste slaap? Met jou finale reis word jou vlerke en ledemate lig en die nagtegaal se stem bly suiwer. Laaste lied gesing. Laaste woorde uitgeasem. Maak die geslote boek aan die ánderkant oop. Mag jy verbaas vind…