Waarskuwing die angel van ‘n perdeby moet jy soos die pes vermy want as hy jou steek brand jy vir ‘n volle week © Gerrit Theron, 2022
Tag: Gerrit Theron gedig
Gerrit Theron. Strooptog
Strooptog vlooie spring veerkragtig rond op die lyf van my ou hond om hom van bloed te stroop waar hy lê en waar hy loop © Gerrit Theron, 2022
Gerrit Theron. Vliegkuns
Vliegkuns by ‘n poel groei papkuil ruig en vlietend vang my oog ‘n naaldekokerhommeltuig op sy vlerke flits ‘n reënboog © Gerrit Theron, 2022
Gerrit Theron. Lasposte
Lasposte ‘n swart wolkie dwarrel om my kop dit help nie om te waai of klap rond te trippel of te skop muggies pla my waar ek stap © Gerrit Theron, 2022
Gerrit Theron. Noodlanding
Noodlanding na reën kortstondig in die lug maar dis pure verniet verloor sy vlerke in die vlug die lot van die termiet © Gerrit Theron 2022
Gerrit Theron. Kitsweduwee
Kitsweduwee bidsprinkaan met driehoekkop soek haar bruidegom uit na paringspel is hy haar buit eet sy hom genoeglik op © Gerrit Theron 2022
