Die Besoek As die somer in herfstyd op ‘n natgereënde sonskyndag gordyne voor jou oop trek weet jy dit is ‘n besoek van een wat getye en geleenthede in sy hande hou en lewens wek: jy hou joernaal van hierdie oomblik waar ‘n vars gebakte brood en wyn nou op…
Tag: Margaret Cordier gedig
Margaret Cordier. Geskapenheid
Geskapenheid uit hierdie donker stof wat eindloos gat sonder klip het mens uit klei deur die ewigheid geglip © Margaret Cordier, 2023
Margaret Cordier. Nagwaak
Nagwaak wanneer ek deur die winter van jou laning loop sny daar ‘n ysige wind in die voue van my sloop reik ek uit tas liggies in die nag vang my vingers die blare aan die eikeboom se skag – die grys krulle van jou weglê kuif teen die kussing van die dag…
Margaret Cordier. Al een
Al een ‘n nomaad loop deur die woestyn op haar rug ‘n tentkasteel sy sien die blou lug ‘n lugspieëling verbeel duine teen die see reptiele jaag verby kruip onder sandbrele weg beur tot waar sy elim kry medereisigers skink wyn om in samesyn vreugde te vind slaan tente op onder liggies vind skuiling teen…
Margaret Cordier. Binneblik
Binneblik staan ek voor myself vanaand kyk my in die oë vergeet vir ‘n oomblik dít wat ander van my glo verbrande kaalvoetkind tussen strate; duine en branderboë wit koejawels by die gariep weggeruk na hoëveldse donders van bo altyd soekend na ewewig tussen ongerep en boksies waarin die nuwe omgewing my wil…
Margaret Cordier. Jeremia se rympie vir genesing
Jeremia se rympie vir genesing in gilead is ‘n balsem ‘n soetgeur spesery die hars ‘n gom wat wonde heel kan kry als wat lewe gee oom sarel se perskes van kodling mot bevry pluk ons die skoon vrug wat onpeilbaar groei wanneer sy olie oor ons binnekant vloei. © Margaret Cordier,…
Margaret Cordier. Woordkunstenaar As Neuroloog
Woordkunstenaar As Neuroloog Arthur Ginsberg en John Keats skandeer kyk dieper en skryf skalpel verby die brein; rugmurg; perifere senuwees en spiere met ‘n onsigbare toestel van die gees terapeutiese voorskrifte op papiere tot ontroering en vermaning deur niere wanneer letters kunstig gemeng wonde genees © Margaret Cordier, 2023
(16) Margaret Cordier. nuwe jaar
nuwe jaar staan op uit die as gloria superba gebloei uit jou donker kas aangekondig met geskreeu en basuingeskal kartets in weerklank deur die uitstrekkende heelal © Margaret Cordier, 2022
