kersfees voorsangers en musikant verkondig hierdie inval van land tot land oorwinning is gebore uit alles verbrand ‘n kleurespel met klokke wat beier dood is die dood uit hierdie aardse hel © Margaret Cordier, 2022
Tag: Margaret Cordier gedig
(9) Margaret Cordier. donker jaar
donker jaar dit was aand en dit was môre jou nag was donker jou nag was lank twintig ure en vier vure wat die dag ombrand verwek só nuwe groei hou mense kletsend rondom die gloeiende gloei
Margaret Cordier. Sirkelgang
Sirkelgang na stilte sal karmosyn triomfantelik sy rooivlag wapper wanneer nuutgevonde vlerke skoenlapper uit die papie breek seile span teen die wind ‘n gevlerkte vind saam die nektar drink uit al die kelke wat die nuwe lewe skink sal geleerde wurms ‘n kruipende bestaan onthou die selfverteer verpulpte eiewaan gesluk sluk tot…
Margaret Cordier. Nuut
Nuut sal ek weer opstaan embrionies uit my saadhulsel breek gevoed uit die neseier in my kiem windverwaaid met my valskermvruggie uit hierdie parsing perdeblom © Margaret Cordier, 2022
Margaret Cordier. Walker Bay
Walker Bay ek loop vanaand oor google earth soos ‘n kind op ‘n leë drom ek rek die oë van my vingers wyd oor die bol sien huisies bossies alom dan loop ek stadig af in ‘n paadjie tot onder by die see waar die branders bo-oor my kom ©…
Margaret Cordier. Wyd
Wyd in die vorm van water onverdunbaar vloei jou komposisie soos note in die houers van klank die materiaal van jou onstoflikheid bly gee onbegrensd in die ruimtes van ontvangers die liefde © Margaret Cordier, 2022
Margaret Cordier. Vrou
Vrou deborah rigters staan sy op onder palms op mure met toue gedoop in karmosyn in tenger ouderdom reeds uitverkoop tot groter welsyn reg om lewe te bring en doders te beveg deurdrenk met krui & spesery haar liggaam voorberei te bevry gekromde immer haar neergeboë tempel in sy tempel prewel goddelike insprake…
Margaret Cordier. Sonkamer (Boggomsbaai)
Sonkamer (Boggomsbaai) tyd het saam met die seewind loop lê die son, stil bly staan — sy strale om my gevou in ‘n gevoel van ewigheid teen die winterkou © Margaret Cordier, 2022
