Sonopkoms Na die gedig ‘Bevrugting’ van DJ Opperman Ontaards uit die vallei tussen klip lê uit klei, die berg ‘n skip en skielik uit die lug het een sonstraal deur die kloof geglip © Margaret Cordier, 2022
Tag: Margaret Cordier gedig
Margaret Cordier. Pantoen
Pantoen Vanoggend is die sonopkoms volmaak na onweer en stormreën skyn sonstrale helder vol seën waar ons oë oor einders kontak maak Na onweer en stormreën word ons gesprekke gedigte skyn sonstrale helder vol seën soos verskietende sterre, hemelse ligte Word ons gesprekke gedigte sonder rymdwang in vyvers geskryf soos verskietende…
Margaret Cordier. Sambrele in die son
Sambrele in die son hoekom loop al die vroue van Suid-Afrika nie met sambrele in die son dink net hoe kan so ‘n verskroeide land weer blom © Margaret Cordier, 2022
Margaret Cordier. Na die gedig VROEGHERFS van NP van wyk Louw
Na die gedig VROEGHERFS van NP van wyk Louw. die jaar breek oop in sluise die lug was swart … toe die eerste druppels val nou bruisend teen die helder lug sproei die water ‘n reënboog vir ons trug o, Heer, laat hierdie jaar heilig word uit alle dood en wanhoop nuwe lewe…
Margaret Cordier. Terugblik
Terugblik. gister se reën het opgedroog die uitspoelvoortjies lê ingeëts aan die oppervlak ek tel my kop op — kyk die lug in die oë geen bliksem of donder sal my verskrik my opvangskottel loop oor © Margaret Cordier, 2022
