Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 June 2009

Donderdag, 18 Junie 2009

 

Gert Vlok Nel
Gert Vlok Nel

Die veertigste Poetry International te Rotterdam loop môre ten einde. By De Contrabas kan ’n kostelike berig hieromtrent gelees word. So is daar byvoorbeeld die volgende verbluffende eerlikheid deur Martin Mooij (78) wat dié wêreldberoemde poësiefees in 1969 geïnisieer het; toe hy gevra is wat vir hom die vernaamste indruk is van die 26 jaar wat hy as hoof-organiseerder van die fees opgetree het, was sy antwoord: “Mijn onvermogen. Ik was niet zo’n goede organisator”. Op ’n vraag na die belang van die fees vir die stad Rotterdam het hy soos volg geantwoord: “Dit is de haven van de poëzie, met import en export.’ Inmiddels zijn er dichtregels gestold in neon op kantoren in de stad en trekken ze op vuilniswagens van de Roteb door de wijken.” (’n Meer uitgebreide berig kan by De Volkskrant gelees word.) Digters wat aan vanjaar se fees deelgeneem het, is onder andere Jacques Roubaud (Frankryk), Bei Dao (China), Gerrit Kouwenaar (Nederland), Matthew Sweeney (Ierland) en Valzhyna Mort (Rusland). Ons eie digkuns is verteenwoordig deur ons literêre ambassadeur, Charl-Pierre Naudé, en soos vroeër berig: ons immergroen troebadoer, Gert Vlok Nel. Terugvoer wat ek reeds ontvang het van iemand wat hul sessie bygewoon het, is dat hulle albei skitterend was en algemeen byval gevind het. (Gaan lees hul gedigte op hierdie webblad en luister veral na Gert se voordrag van “in die begin was die woord”.)

 

Terloops, die relletjie rondom die “Rotterdamse aand” waaroor Nuuswekker op 12 Mei berig het, het toe sonder voorval plaasgevind; Rien Vroegindeweij en Jules Deelder ten spyt. Lyk my asof Martin Mooij reg was toe hy in bovermelde onderhoud die opmerking gemaak het dat “de poëzie in de harten van de Rotterdammers (zit).”

 

Mag jy pret hê vandag in alles wat jy doen. Of nié doen nie. En gaan kyk en luister na die video-grepe wat ons webmeester onder “Lees meer” begin plaas het. Dié lysie sal met verloop van tyd aangevul word.

 

Mooi bly.

 

LE

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Vrydag, 12 Junie 2009
Simon Vinkenoog onttrek aan fees →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Meyer van Rensburg. Werkwese
  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer

Nuutste kommentaar

  1. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

  2. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  3. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  4. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  5. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d