Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 May 201316 May 2013

Johann Lodewyk Marais aangewys as feesdigter vir Innibos se 10de verjaarsdagviering

 

Nelspruit se Innibos-kultuurfees vier vanjaar hul 10de bestaansjaar en om dié geleentheid nog daardie tikseltjie ekstra plesier te gee, is dit die afgelope naweek bekend gemaak dat Johann Lodewyk Marais as feesdigter aangewys is. Die aanwys van ‘n feesdigter is natuurlik wêreldwyd ‘n algemene instelling met feeste, maar na die beste van my wete is dit die eerste keer dat daar ‘n fees hier ter plaatse is wat dié prysenswaardige stap neem.

En wie beter as Johann Lodewyk Marais?! Veral met ‘n fees soos Innibos waar hy met sy besonderse aanslag en tematiek soos ‘n loerie in die bos nommerpas vir dié feestelikheid gaan wees …

Volgens die berig wat in Beeld verskyn het, die volgende: “Benewens gedigte wat hy (Marais) spesiaal vir die fees geskryf het, sal hy op Vrydag 28 Junie om 11:00 ook in ’n program optree saam met Andries Bezuidenhout, Elize Cawood en Luna Paige. Bywoning is gratis, maar daar is slegs 100 plekke beskikbaar. Die geleentheid word aangebied by die Stoep-restaurant, net langs die feeskantoor. Cawood sal tydens die geleentheid van sy gedigte voorlees en Bezuidenhout sal ’n onderhoud met hom voer. Die program sal afgesluit word met Paige wat toonsettings van sy werk sal sing.”

Vreemd genoeg kon ek nêrens op Innibos se amptelike webtuiste iets van hierdie vreugde te lese vind nie; tensy ek rakelings gekyk het, natuurlik. ‘n Mens kan maar net hoop dat hulle nog daarby sal uitkom om die groot klok uit die stoor te haal en ordentlik blink te vryf vir dié feestelikheid. Die volgende aanhaling uit die organiseerders se feesbrief reflekteer darem in ‘n mate tog hul ingesteldheid: “Feeste het toenemend belangrik geword vir die ontwikkeling en voortbestaan van alle genres van kuns – veral in Afrikaans. Verder speel feeste ook ’n baie belangrike rol om Afrikaans as taal en ons kultuur te bevorder en te ontwikkel. Dit dien as platform vir kunstenaars om hulle kuns uit te leef en ook hul brood en botter te verdien.”

Vir jou leesplesier volg ‘n gedig van Johann Lodewyk Marais; ‘n gedig wat hy ‘n week of wat gelede op sy FaceBook-profiel geplaas het.

*

INNIBOS

Drie vroue dans ‘n Vrydagles
toe-oë, in capulanas
wat rooi en swart en plegtig pas
en die ritme van hulle dye hou.

“Hý wou sien,” sê Dan Dlamini
en sy vinger wys na my
wat volg hoe die vroue stof trap
in ‘n besielde raserny.

Die aanstigter slaan op ‘n trom:
al skriller en meegevoer
skuifel die voete uit die kring
en word die ritueel volvoer.

 

© Johann Lodewyk Marais

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Andries Bezuidenhout. Oopmond, Nelspruit, in beeld
Johann Lodewyk Marais ontvang oorkonde tydens Innibos Kultuurfees →

6e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais aangewys as feesdigter vir Innibos se 10de verjaarsdagviering”

  1. Francis says:
    28 May 2013 at 17:41

    Baie geluk Johann. Hierdie is werklik ‘n besonderse inisiatief en ‘n veer in die hoed vir jou.

    Reply
  2. Philna Scholtz says:
    27 May 2013 at 19:14

    Sien ook Innibos se webtuiste http://www.innibos.co.za onder “ANDER”, TOEKENNINGS vir ‘n volledige weergawe.

    Reply
  3. Louis Esterhuizen says:
    27 May 2013 at 15:26

    ‘n Fantastiese inisiatief, julle. Veels geluk daarmee …

    Reply
  4. Philna Scholtz says:
    27 May 2013 at 14:12

    Dit is op ons webtuiste onder Boeke Oppistoep. Die web se soekenjin sal jou ook direk soontoe neem. Om nog dimensies hieraan te verleen, het Innibos ook Beeldhouer Jaco Sieberhagen opdrag gegee om vier van Johann se gedigte as inspirasie vir sy kunswerke te gebruik. Hierdie uitstalling Woord in Beeld sal ook tydens Innibos te sien wees.

    Reply
  5. Sandra Jacobs says:
    27 May 2013 at 13:11

    Ons is besonder trots om Johann vanjaar as feesdigter by Innibos te vereer. Gaan lees gerus die blog daaroor by http://www.innibos.co.za/blog/entry/innibos-feesdigter.html. Hoop ons sien julle by Innibos!

    Reply
  6. Johann de Lange says:
    14 May 2013 at 10:18

    Baie geluk, Johann!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum

Nuutste bydraes

  • Carina van der Walt. nuwe perspektiewe na verhuising
  • Ilse van Staden. Die Dans
  • Miel Vanstreels. Opvoeding
  • Johann Lodewyk Marais. Inflasie
  • Daniel Hugo. Die domein van die rym

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d