Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 April 201510 April 2015

Johann Lodewyk Marais. Out of Africa

OUT OF AFRICA

 

’n Jong man het ’n week lank die vliegtuig

uit ’n olieblik en draad geprakseer

en op ’n straathoek te koop aangebied.

 

Hierdie maaksel het jy bly aangeskaf,

op die glasblad van ’n tafel laat staan

en een foto ná die ander geneem.

 

Die volgende dag staan die stuk buite

op die plaveisel tussen boomvarings,

irisse en ’n koorsboom in die blom

 

asof hy in die nag uitbeweeg het

om gereed te maak, ’n aanloop te vat

en ’n verdere reis te onderneem.

 

Ek het hom in Johannesburg gaan haal,

stewig in my kattebak staangemaak

en versigtig die pad huis toe aangepak.

 

Nou pryk die verroeste vliegtuig van blik

op my lessenaar en sien ek hy lig

op en vlieg esse oor Naivashameer.

 

 

© Johann Lodewyk Marais / 2015

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Arabierperd
Johann Lodewyk Marais. Drie insekte →

3e gedagtes oor “Johann Lodewyk Marais. Out of Africa”

  1. Ivan Mocke says:
    11 April 2015 at 15:55

    ‘n Lieflike inspeling op DJ Opperman se gedig oor die skip in die bottel. Die gedig sal ek weer en weer wil lees.

    Reply
  2. Louis Esterhuizen says:
    11 April 2015 at 15:53

    Johann, ‘n skitterende vers! Van harte geluk …

    Reply
  3. Wilma Snetler says:
    11 April 2015 at 11:14

    Skitterend! Soveel werelde gaan oop met die vlieg van hierdie blik-vliegtuig!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)
  • Koos de Wet. vóór die smelting
  • Digtersprofiel: Gert Vlok Nel
  • Meyer van Rensburg. Spieëlkamer
  • Margaret Cordier-Biermann. Verlossing

Nuutste kommentaar

  1. Miel Vanstreels on Miel Vanstreels. Voorlopig1 August 2026

    Dankie, Marieta

  2. Conrad on Hans du Plessis. Psalm 121 (Stemgreep)30 July 2026

    Goeie middag ek is n koorleier van die VGK Kerk Kraaifontein en is op soek na die SATB Blad musiek…

  3. Marieta McGrath on Miel Vanstreels. Voorlopig30 July 2026

    Stout gedig! Baie snaaks!

  4. Bernie on Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)29 July 2026

    Kan die vertaler dalk verduidelik waarom hy hoofletters gebruik in sy vertaling terwyl Rilke kleinletters gebruik.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Plaagbeheer28 July 2026

    Ja, hoe beheer ‘n mens die plaag waarvan in die slotreël gewag gemaak word …?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d