Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 December 2020

Bester Meyer. Klappers en draakeiers

 

Klappers en Draakeiers

(met apologie aan dié

 wat die samesweringsteorieë

          van roofvoëls aanhang)

 

om bestekopname te maak

van ʼn jaar van pestilensies

is om die maskers

wat gedra

gedeel

en verduur is

vir die trekvoëls te gooi

om saam hul te neem op die tog

 

om die maskers wat van goedheid getuig het

saam ons Kersklappers

en hoedjies aan te trek

te laat klap wat te redde is –

maak brand wat be-hebbe is –

en nou al

ons seën uit te spreek

oor die trekvoëls se vlug na môre

 

om die maskers wat van boosheid getuig het

aan die leier van die swerm te oorhandig

sodat hy en sy makkers (– gereed vir die slag –)

die vlug terug kan aanpak na die land

waar vlermuise – gemaskerd – hulle nuwe planne beraam

geskoei op inentingseenhede

wat reeds vóór die koms van die groot pes

op die rakke van ʼn roofvoëlbende

se yskaste verkoel en vervolmaak is –

 

masker een:

wanneer vrees

álles soos asem begin omvat

word isolasie meer

en sosiale afstande verwyd

 

masker twee:

om die pes se wese te ervaar

is om kreatief oor pyn te gaan dink

en só

gedigte uit reënboë te vleg?

 

masker drie:

in April se getroue blou

het ʼn droom verskyn

wat elke familie

die skaal van verligting

van die kas laat afhaal het:

om ambisie en rykdom op te weeg

teen eenheid samesyn en geluk

 

masker vier:

om tot die gevolg te kom dat

kontrolering oor korrekte sanitasie-;

bottelstoor- en sigaretwette

ingestel word slegs om te beheer

eerder as om te verlos en te beskerm

 

masker vyf:

hoekom dan besigheidsmanne laat vlieg

– provinsie grense laat oorskry –

terwyl die ‘gepeupel’  tuis moet bly?

haarkappers en klein besighede verloor

wyl grotes kan afdank ontgrendel omgord?

 

masker ses:

om Sandton se kantore

te laat leeg loop

is tegnologiese vooruitgang

se geskenk aan burgers

wat verkeersknope moes verduur

om die onsigbare hand te verryk

 

masker sewe:

is die pes dan groot genoeg

om die alewige toe-maak

ver-duistering en konstante afranseling

van dit wat reeds identiteitloos geword het

te regverdig?

 

en soos wat alle slotte sleutels het –

so ook  het elke deur ʼn ander kant

elke maand ʼn donkermaan

om ons weer te laat smag na die volheid

wat nou al reeds op pad is:

 

die einde van ʼn winterseisoen

wanneer trekvoëls terug sal keer uit die verre

met bewyse van die as aan hulle snawels,

geskroeide vlerke, en hier en daar ʼn skub

wat glinster in die oggendson

 

want soos uit ʼn Baardman Martin boek

kan die óns wat die klappers trek

óók mos glo

dat trekvoëls draakeiers kan lê

en dat ʼn trekvoël-kwetter-roep

nou al reeds die vuur aan kan blaas

wat vlermuis entstof en roofvoël

sal verswelg

soos die lont van ʼn Oujaarsklapper

 

© Bester Meyer, 2020

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Bester Meyer. Die sinkdakhuisie
Bester Meyer. Oppad see toe →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Jakes Möller. Tweespalt
  • Elmarie Stofberg. Ewige kind
  • Hennie Maartens. tydelik
  • Anne-Marie Bartie. kring van lafaards
  • Digtersprofiel. Jan de Bruyn

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d