Die Woordpondokkie
(ʼn lied ter herdenking van Vryheidsdag, 2021)
Ons werk desnieteenstaande, ons vertel stories en gee vorm aan die waarheid in die donker hoop, amper in die oortuiging, dat waarheid en serene vorm ’n uitwerking sal hê wat geestelike vryheid teweegbring – Thomas Mann, Versuch über Tschechow (soos geneem uit Waarom Literatuur? André P Brink)
Sondag, Maandag, Vryheidsdag
(en)
aan
en
aan /
(en)
aan
en
aan
gee ons geboorte
aan ons vryheid
op ʼn doodgewone Sterdag in ’94
vang ʼn posduif voer hom briewe
oor hoe dinge moet werk
maar die sterrelag
en die donderleer niks
maar steeds is die boodskap
aan die kloutjie:
broederskap
(o moenie huil nie
o moenie treur nie −)
Koor: Dit is die lied van jong Suid-A-fri-ka
Dit is die koms van jong Suid-A-fri-ka
Dit is die eed van jong Suid-A-fri-ka
wanneer die taalmonument vervang word
met ʼn gedenknaald
wat die ek en die jou bemaak
aan verheerliking van die self
Brug: want die (ek) kom weer
want hy wou nie langer wag
die (ek) kom weer net die volgende dag
die (ek) kom weer, glo vir my dis waar
die ander dag môre was die (Ek) weer daar
en in ons vryheid skrou ons
want die boodskap aan die kloutjie
is toe al die tyd nog vals
nét ʼn herhaling van die skrif
aan Amerika se muur
’wyl nuutverkose honde
Davos toe vlieg
te Eersteklas
en ons?
Fly by South African Airways …
… en bou kastele uit verlede-asem
© Bester Meyer, 2021