Brief
liewe lyf
dis jy wat die verraaier is
sonder nadenke
jou oorgee aan sinlike genot
reageer op streling, aanraking
dit alles
terwyl ek steeds afwesig is
ons is tog een van rede
en van sin
daarom móét jy jouself bedwing
wees getrou liewe troulose
jy weet tog waar ek hoort
teen die tyd besef jy mos
soort soek soort
groete
jou hart
© Salomé van Vuuren, 2021