Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 November 2022

Mellet Moll. my saturnus

 

my saturnus

 

hoe kan ek jou dan vertel

dat ek ook sien wat jy kan sien

dat die wit kimme van jou nag ook myne is

en dat die umbra’s van gestorwe sterre

ook oor my tussenwêreld waak

 

hoe kan ek jou dan vertel

dat jou versluierde planeet

ook my versluierde planeet geword het

en dat die ver komete nogmaals

in hul verbyvlug oor ons albei sterte kry

 

want dit is ons wat die kuns van die duende

teen die nag se koepel projekteer –

die wandelaar van friedrich

wat in die onrus van ons harte skuil

as ons hunkerend na rusplek soek

 

dit is ons wat met die spoke loop

en die melancholie van blake en dürer

in die berge en die wolke

en die braaklande van eliot herken

as ’n klankbaan van preisner speel

 

hoe kan ek jou dan vertel

dat ek voor dieselfde binne-altaar buig

in ‘n film van kieslofski of angelopoulos

en die anatomie van weemoed

in die ringdans van saturnus sien

 

as ek en jy en paul verlaine

die nag met glasige oë instaar

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Mellet Moll. Creatio ex nihilo
Mellet Moll. my saturnus ii →

4e gedagtes oor “Mellet Moll. my saturnus”

  1. Mellet Moll says:
    15 November 2022 at 18:01

    Baie dankie, Joan.

    Reply
  2. Mellet Moll says:
    15 November 2022 at 18:00

    Dankie vir die mooi kommentaar, Bester.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    13 November 2022 at 18:27

    Angrypend en slim.

    Reply
  4. Bester Meyer says:
    13 November 2022 at 12:37

    Vandat ek op hierdie kus van Versindaba kom vertoef het, is die een van die mooistes. Dit vang die hemelse dog aardse feilbaarheid vas. Melancholie, ja, maar ook ‘n jubeling van ‘n menslike mensheid. Geluk daarmee!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d