my saturnus ii
Where does this black sun come from? Out of what eerie galaxy do its invisible, lethargic rays reach me, pinning me down to the ground, to my bed, compelling me to silence, to renunciation? – Julia Kristeva
die son het swart geword en skyn onsigbare strale
rondom die dansende ringe van haar saturnus –
haar geboortester van sehnsucht en van weltschmerz
sy treur steeds oor die verlies van haar ma se sorg
en in die psigoanalise van freud en klein
hunker haar oerbewussyn weer vanaand na troos
sy verstrengel in die anatomie van die melancholie
van demokritus junior, keats en hambidge –
haar leidrade in die donker labirint van nostalgié
die woorde van sontag en benjamin bly haar by
soos ‘n wandelaar wat in die duitse trauerspiel
se allegorie steeds hunker na die vergangenheit
sy berus by kierkegaard – sy dryf weg op ‘n skuit
waarin alleen haar eksistensiële angst voortleef
na ‘n oewer waar die dasein van heidegger wag
die wrede god het nie die krete van plath of lowell
of berryman in die swart gal van die letterkunde
raakgesien nie, ook nie dié van sexton of pizarnik nie
die son het swart geword en skyn onsigbare strale
rondom die dansende ringe van haar saturnus –
haar geboortester van empfindsamkeit en anomie
© Mellet Moll, 2022