Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 November 2022

Mellet Moll. my saturnus ii

 

 

my saturnus ii

 

Where does this black sun come from? Out of what eerie galaxy do its invisible, lethargic rays reach me, pinning me down to the ground, to my bed, compelling me to silence, to renunciation? – Julia Kristeva

 

die son het swart geword en skyn onsigbare strale

rondom die dansende ringe van haar saturnus –

haar geboortester van sehnsucht en van weltschmerz

 

sy treur steeds oor die verlies van haar ma se sorg

en in die psigoanalise van freud en klein

hunker haar oerbewussyn weer vanaand na troos

 

sy verstrengel in die anatomie van die melancholie

van demokritus junior, keats en hambidge –

haar leidrade in die donker labirint van nostalgié

 

die woorde van sontag en benjamin bly haar by

soos ‘n wandelaar wat in die duitse trauerspiel

se allegorie steeds hunker na die vergangenheit

 

sy berus by kierkegaard – sy dryf weg op ‘n skuit

waarin alleen haar eksistensiële angst voortleef

na ‘n oewer waar die dasein van heidegger wag

 

die wrede god het nie die krete van plath of lowell

of berryman in die swart gal van die letterkunde

raakgesien nie, ook nie dié van sexton of pizarnik nie

 

die son het swart geword en skyn onsigbare strale

rondom die dansende ringe van haar saturnus –

haar geboortester van empfindsamkeit en anomie

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Mellet Moll. my saturnus
Mellet Moll. my saturnus iii →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d