die kewers staan stil
die klok word ʼn koeëlwond
sekondes skuur deur senings
— snaarstyf gespan —
die bloed kruip oor die krake
in die vloer want ons staan
in ʼn huis vol bitter
dit kring om jou, dit kring om my
die lig word ʼn wit letsel
omring deur donker vlees
— ʼn soewenier wat saamskuur —
die koue kruip deur die krake
in my want ek is slegs
oortrek met vel
o, hierdie dol en brak verbittering
dit sal nou ʼn einde kry
daar sal rus uit die onrus kom
hoor my aan:
geen kring en teenkring
in toekomende tyd,
geen duld meer vir die
malende eentonigheid.
© Mariëtte van Graan, 2023