Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
31 March 2023

Mariëtte van Graan. Die Wegmaking

 

Die Wegmaking

 

oor dekades se verjaarsdae en krismisse

is persente fyn uitgesnuffel

met die hand uitgesoek

met sorg toegedraai

om presies die regte ding

in die mooiste pakkie

vir die geliefde persoon

te wees

 

geskenke is ‘n liefdestaal

so sê hulle

 

maar

 

mens kan net soveel saamvat

die kratte is klein en die kostes groot

alles wat nie weer daar

anderkant bekom kan word nie

moet hier weggemaak word

 

mens kan nie sentimenteel wees nie

die lewe is kort en die vlug is lank

alles wat nie saam na daar

anderkant gevlieg kan word nie

land hier op ‘n vullishoop

 

hulle gooi al my persente weg

 

© Mariëtte van Graan, 2023

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Mariëtte van Graan. die kewers staan stil
Mariëtte van Graan. nag-merrie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Watter danige lieflikheid was ons?
  • Maritha Broschk. laat dié wat oë het, voel
  • Hennie Nortjé. Shaka
  • Yolanda-Faye Holden. Beeld
  • Willem M. Roggeman. Een diva met vakantie

Nuutste kommentaar

  1. Maritha Broschk on Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway21 June 2025

    Liewe hemel. Dié het my nou wragtigwaar geráák.

  2. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  3. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  4. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  5. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d