OUTO-IMMUUN SIEKTE
(“Stiff person” Sindroom)
Onse Vader
wat in die hemel is,
laat U wil dáár
geskied.
Ek, ʼn sterweling
met marionetsieke
wat op aarde is,
laat mý wil hiér geskied,
en wanneer dit tyd is,
my kop
weg skiet.
© Frans van Rensburg, 2024